Huis, woning, tuiste: Reneé Yzel se inskrywings

  • 0

Ek bou my kreefdophuis

Ek
bou
ʼn huis
met hooi
gerf strooi
in bondeltjies
getou so bou ek
toe ʼn huis van hooi
dis tog te pragtig mooi

te kil te koud om in te woon
toets ek die water met my toon

wolf-wolf hoe laat is dit
tyd om jou te vang, my kind
toe kom die wolf, geklee in wit
en blaas my huis om in die wind

ek
bou
toe huis
met stokke
paal houtplanke
aan mekaar genael
so bou ek toe my eie
plek met stok en plank
my eie huis vir lewenslank

te kil te koud om in te woon
toets ek die water met my toon

wolf-wolf hoe laat is dit
tyd om jou te vang, my kind
toe kom die wolf, geklee in wit
en blaas my huis om in die wind

toe
bou ek
weer met klip
klei gruis bou ek
toe weer my kreefdophuis
geanker en verskans in steen
bou ek my huis hoop liefde seën
kan staan as wintersneeu haar vlerk
oor al my sneeuwit landskappe kom trek

toets weer die water met my toon
geloof en blydskap wat hier woon

 wolf-wolf hoe laat is dit
tyd om jou te vang, my kind
toe kom die wolf geklee in wit
my huis het hy te sterk gevind

huise kom, val om, vergaan
maar die Woord bly ewig staan

 

Die woning van my siel

Die oë in die spieël wink vir my
kom kyk, kom kyk, dis ek, dis jy
al seker, sowaar ek katvoet nader
gly my vingers ondersoekend

oor nog ʼn jaar
ʼn leeftyd vyf tien
sewe vettes en maeres
afgepaar

dit kom gaan verby
soos ʼn wolk voor die wind
dan skielik is hy daar - die gryse
gebore uit gister se kind

 

My final home eternally

a seed grows to full bloom roses wither and die
and thus life appears but a blink of the eye
does one so soon forget the images, but a mere few
lingering on the outskirts of my fading memory

and when its gone everyone seems to wonder why
life comes and passes by like a cloud
yet even the base of a nimbus cloud
touched by the finger of God

may form, should I behold its birth
in a faraway place where I cannot see
but the wind does not cease to exist
the gift of life God breathed unto me

returns to His embracing love
it journeys onward to perfection
that state of being more fulfilled
than I as cloud could ever be

my final home with God Himself
my final home eternally

 

My home in heaven or the depths of the sea

Where can I run from Your Spirit
when I go up to heaven You’re there
where can I hide from Your presence
when down in the grave You’ll be there
should I ride the wings of the morning
dwell in uttermost parts of the sea
Lord through the storm You will guide me
Your glory abounds everywhere
Your glory abounds everywhere I can see

Praise to You I am fearfully wonderfully made
marvellous are Your works
and that my soul knows well

You’ve made me so skillfully complex
in the dark of the womb so conceived
You formed me in utmost seclusion
Your spirit so awesomely breathed
Your eyes are always upon me
You’ve hedged me behind and before
and be there a word yet unspoken
every thought in my mind You perceive
every thought in my mind even ‘fore it may be

Praise to You I am fearfully wonderfully made
marvellous are Your works
And that my soul knows well

How precious are Your thoughts to me oh God
if I should count them they’d be more
in number than the sand
how precious are Your thoughts to me.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top