Huis, woning, tuiste: Lyfhuis

  • 0

Lyfhuis

In die sitkamer van my lyf
sit ek regopstyf
gee tee en koek
vee stof af van Oberholzer se
koffietafelfotoboek.

In die studeerkamer van my wese
staan boeke, bundels met stywe rûe
nors na my gedraai
sommige nog ongelese maagde
ander geliefdes lag oopblad
en vou vanself wydbeenoop
by verse van Krog en Louw.

Onder ’n lig by ’n leesstoel
duik ek in soos ’n ysterkoei
wat sweet
swalk ek agter die rooi duif
wat die liefde steeds besing.

Alleen kan ek nie van boeke leef
en sweef soos siek-verliefde
na my kook-en-genietkombuis
– ’n meestal onbeboekte plek –
maak dan, met brood en wyn,
die hol kol in my maag weer vol.

In die slaapkamer van my kop
kruip ek in met Sleigh
sien ek skuinsweg
Op ’n dag ’n regte hond wat
opspring en draaiend lêplek kry.

Met my kopflits betoer Dan my
en ek word droomverloor begelei
na die Kaap wat destyds Hollands was ...

En dan, uitgepassie,
en deels verveel,
verhuis ek na
“Klaas Vaak se eeue-oue
streelperseel”


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top