Huis, woning, tuiste: Huis toe

  • 0

Huis toe

'die wêreld is ons woning nie'
allitereer in my eie waarom vers
wanneer ek wonder en wroeg
oor my hart wat verdwaal het in ’n vreemde land

waarom skuil daar soveel skommelkrag
in ’n kort skynbaar waardelose prefiks
wat ver-huis oornag skellend
laat ontaard in ont-huis

waarom leer my tong so maklik praat
en my mond skynheilig lag
in ’n vreemde taal
maar my hart bly ken alleen die taal van huis

waarom fluister die foto's van gister
steeds feller as die verwagting van more
en wankel daar dikwels die beeld
van ’n soutpilaar in my omkyk en onthou

waarom lag ek wyd toe ek my tas se knip
vir oulaas klik en terugstoot na my huis
daar waar die holte vir my voet eindelik
rusplek waarborg vir my hart


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top