Huis, woning, tuiste: Henrietta Klaasing se inskrywing

  • 0

Huis. Volhuis. Huisvol.
Om jou tafel
Soos jong olyfboomplante
Jou kinders om jou dis.
Dis hoe die volmaakte is.
Geseënde man, geseënde vrou.

Volmaaktal is sewe
Sewe min twee is vyf.
Met die nuus … die aarde bewe.
Hoe gaan mens aan met lewe?
Gapings waar stoele moet wees
Plekke leeg. Kinders wees.

Troetelkombersie, troetelkind
Wreed weggeruk. Vliegtuig in die stormwind.   
“Mamma, het liewe Jesus vir Pappa en Willempie
uit die graf uitgegrawe?”
Vyf jaar oud, vra Cassiekind.

My rou
hart my spys en drank
aan die leë tafel
die leë huis.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top