Huis, woning, tuiste: Die mure van my huis

  • 0

Die mure van my huis

Die mure
van my huis
staan bars
sandsteensterk
spoelklip gepleister
met klei
en gruis
en grint

Binne bloei
roespapawers
binne pols
die vlieswand
van ’n oker
klont bloed
te bros
te broos

Maar die mure
van my huis
staan bars


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top