c-max
hier sit c opgesluit in c-max
deur die dubbele veiligheidstralies
korrel ’n duif, loer in met die koppie
skeef aan die vraag: is dit jy?
ek sê fokof jy, dis nog altyd ek
gaan haal ’n olyftak, het jy nie
nuus nie? wie is geskiet, wie is
beroof in die voorfeestelike maand
is dit tog veiliger hier voorstedelik,
my boodskapper van heil, waar
ek sit en wortelskiet te
permsingel 58
c-max
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
Kommentaar
Goed gedoen! So sit ons almal deesdae en snot pik agter traliedeure en hogere mure!
😉 Dr Liebenberg!
Raak gesê.
Moet nou net nie in C-max die duiwel se oorkussing word nie. Neem die pen op en skrywe vir ons nog sulke mooi stories.
Dankie, en nee, ek sal nie dat die ledigheid oorneem nie ;-). Hoe vorder die proefskrif, so van oorkussings gepraat?