Hoe lyk jou stad: Vereeniging

  • 0

Vereeniging
Het eens my hart laat sing,
My gedagtes laat spring –
My siel se burgerling
Volgeling
Vereeniging.

Vereeniging
Jou groot oop paaie sluk my in,
Jou geraas sluimer nou in –
Jou velde, bome verdun
Vereeniging.

Vereeniging
Wil en kan nie meer sing,
Kan nie meer vreugde bring –
Kan jou nie terugbring
Enkeling
Vereeniging.

Vereeniging
Jou groot oop paaie sluk my in,
Jou geraas sluimer nou in –
Jou velde, bome verdun
Vereeniging.

Klik hier vir inligting oor hierdie kompetisie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top