Poësie-kompetisie: Hoe lyk jou stad?

  • 0

Beeld se Jo Prins, die brein agter die destydse Digby-projek, is weer aan die gang met ’n nuwe poësie-projek. Dié maal is dit YouTube-video’s waarin digters gedigte voorlees oor ’n spesifieke stad – on location.

In die eerste video lees Christo van Staden, Jo Prins en Charl-Pierre Naudé gedigte oor Johannesburg voor:

Na aanleiding van Beeld se oulike inisiatief wil LitNet digters uitnooi om ook hulle stad of dorp in ’n gedig te verewig.

Besing die blomtuine van Bloemfontein of stuur vir ons gevleuelde woorde oor die Goudstad. Dalk onthou jy iets van die klein dorpie waar jy grootgeword het of die verwarring wat jy ervaar het in ’n vreemde wêreldstad.

Jy kan mal wees oor ’n sekere straat in PE, kwaad raak oor die verkeer in Pretoria of verlief raak op die landskap buite Barberton. Wat jy ook al doen, wys vir ons hoe lyk jou dorp of stad deur die lens van ryk en kragtige menslike gevoelens. 

“[T]his is what makes landscape valuable to us: not simply the presence of the elements, but the encounter between the elemental things and the living, preferably the human. It is, as I said before, the presence of human feeling, what human feeling the landscape makes us conscious of. Take this sentence: 1 500 acres, mixed parkland and beech forest, with spacious lake and distant view of Chilterns. What does this mean to us? Almost nothing. It sounds like a poor advertisement. But when those same acres appear in a painting by the English artist, Turner – it may well be one of the places you never will forget, he has shown it to us through a lens of powerful, rich feeling.”

Ted Hughes – Poetry in the Making

Inspirasie

Gaan lees gerus ander digters se dorp- en stadsgedigte om jou in die regte luim te plaas.

Klik hier om nog 11 gedigte te lees wat LitNet-digters in 2011 oor verskillende stede en wêrelddele geskryf het. 

Stuur jou gedig na gedigte@litnet.co.za. Alle inskrywings sal op LitNet verskyn. Jou gedig moet ons teen Sondag 22 Julie bereik.

Die volgende boeke is op die spel:

Poppekas deur Deborah Steinmair, geskenk deur LAPA Uitgewers.
Koop Poppekas by Kalahari.com.
Plekkie in die son deur Ena Murray, geskenk deur Jasmyn-Uitgewers.
Koop Plekkie in die son by Kalahari.com.
Pomp 12, geskenk deur Griffel-Uitgewers.
Koop Pomp 12 by Kalahari.com.
Ontdek jou sielskrag: Oorwin jou probleme en leef betekenisvol deur dr Hennie J de Villiers, geskenk deur Tafelberg-Uitgewers.
Koop Ontdek jou sielskrag by Kalahari.com.
Sirkusboere deur Sonja Loots, geskenk deur Tafelberg-Uitgewers.
Koop Sirkusboere by Kalahari.com.
Hoe gemaak met my dikmond kind? en nog 99 vrae wat ouers pla deur Suzette Truter, geskenk deur Tafelberg-Uitgewers.
Koop Hoe gemaak met my dikmond kind? by Kalahari.com.
Die Uile in die wapad deur Cor Dirks, geskenk deur Protea Boekhuis.
Koop Die Uile in die wapad by Kalahari.com.
Die Swart Kat slaan neer en ander avonture deur Chris Sasner, geskenk deur Protea Boekhuis.
Koop Die Swart Kat slaan neer by Kalahari.com.
Briewe aan my kinders: twiets wat jou laat dink deur Jonathan Jansen, geskenk deur Tafelberg-Uitgewers.
Koop Briewe aan my kinders by Kalahari.com.

"Clearly, then, the city is not a concrete jungle, it is a human zoo."

Desmond Morris, The Human Zoo

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top