Hoe lyk jou stad-kompetisie: Okcheon, Suid-Korea – ’n Oorsig

  • 1

’n Mens sou seker kon sê dis soortgelyk:
Vrugtetrokkies se luidsprekers bulk as ek
in die môre oor die sebrakruising stryk
verby oumas wat rommelwaentjies rondtrek.
Teen die middag stoom ’n pisreuk uit rioolpype op
skoliere neem geroetineerd die volgende bus
Jehovasgetuies begin aan deure klop
en met skemer gaan die son agter die brokkoliberge rus.
Nog later sal die landskap sy neon-oë met reëlmaat knip,
sal katte in die wilde strate onwelluidend paar.
Heel dikwels heers ’n deeglike gebrek aan begrip,
wat terstond verdwyn as ons ons om ’n paar vol glasies skaar.
’n Mens sou seker kon sê, as iemand sou vra,
dis die Suid-Koreaan se Suid-Afrika.

 

Klik hier vir inligting oor hierdie kompetisie.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top