Hoe lyk jou stad-kompetisie: Nelspruit

  • 0

Sawens loop hoere in die ou Pretoria-pad –
op die hoek van Stasiestraat en Andrew-weg
staan kapers op wag vir nog ’n idioot
wat dié roete volg om by die rooi lig te stol

Besigheid het verskuif na Ferreirastraat,
waar jy die Keg, die Wimpy en die Dros sal vind
of na die mall waar Mugg & Bean en Nando’s hou:
Nelspruit is ’n stad gebrandmerk deur konsessies

Nelspruit is ’n stad soos ’n duisend ander
vernoem na ’n nou onbekende man met die van Nel
sonder waarmerk van identiteit, behalwe moontlik
vir Mosambiekers en Portugese
wat deesdae hier hulle (s)pense kom vul

Daar is skaars tekens van discerning taste
geen boekkultuur, of filmkultus, net maar die ewig herhalende
skildersinterpretasies in akriel geraam in ou silwer:
die kranse/watervalle/platkruine/nguni’s

As dit nie was vir ’n voorvader se dodekaëdriese watertoring
teen die hange van die heuwels op die oostelike horison
of omringde aangeplante woude waaroor groenes mor
sou Nelspruit net nog ’n Afrika-muskietnes wees
waar mense bymekaar kom om te skinder

 

Klik hier vir inligting oor hierdie kompetisie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top