Hoe lyk jou stad-kompetisie: Kookhuis

  • 0

Hier het die spore ook doodgeloop,
hier het die blink melkkanne verroes
op vergete plaashaltes:
Dirko, Slagtersnek, Golden Valley;
die stasies is oumanne met vereelte hande,
met onvas onthou en vergeetagtige dom vingers,
eens het hier treine en drome uit hierdie dorp geloop,
nou dra die lorries skeepshouers, buikvol, na en van die kus,
Maersk;
die passie ry op wiele in uit Gauteng,
laat maagde buikvol, met vyftig rand in die hand,
sonder ’n kaartjie,
op reis, na nêrens.  

Klik hier vir verdere inligting oor hierdie kompetisie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top