Hoe lyk jou stad-kompetisie: Johannesburg III

  • 2

Terra terra Jozi,
hierdie hoer
is my bruid,
sy is
my blydskap
en my
babel
my keel bloei
en my tande
breek
waar ek haar
naam

Ruikers staalpapawers
flits groen flits rooi
by haar kruisings
flits messe en
haar hande
is my hemel-
bed, ek slaap
in die lang
kurwes
van donker
slange
op haar bors

Jozi, Jozi,
ons kinders
speel kaalvoet
in die storm-
waterpype,
hulle bekkies
oopgesper
soos
lope

   
Klik hier vir inligting oor hierdie kompetisie.

  • 2

Kommentaar

  • Sjoe René, dis hectic stuff. Dis 'n ongelooflike gedig. Die vermoë om in sulke dimensies te kan dink is vir my onvoorstelbaar. Kraai het definitief vir my 'n belangstelling in letterkunde gegee, maar hierdie is op 'n ander level. Baie geluk.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top