My hart rus nog –
steeds dúúr,
want
al het jy met
vanoggend
se luggees
(op ’n godganselike
dag)
teen die hemelgewelf
gaan sit.
En al het die son
nés ’n
goue oog
gegloei
op die brug
van my neus.
Het
God jou in my
sorg gedeel.
Want ons liefde
is ’n afgeronde geheel.



Kommentaar
Zebbie - vreugde en verwondering oorspoel my telkens by die lees van jou lafenis-skryfwerk!
Fantastiese gedig. Welsprekend en treffend.