Jou lekkerreuk en vibrasie
spruit werklikwaar ver;
tot in die hemel van natuur
straal jy uit nes vonkende sterre.
Maar
jou prag weergalm in jou oë.
Jou oë het die refleksie van ’n
geelbruin sonbraak;
die toorkrag om elke plek ’n
paradys te maak.
Soos die son in blou lig
geel grimeer;
sal jy goudbekkig en kuipig
floreer;
swaaiend in die bries
van ’n lentelied
enorme plesier in my hart verdiep.



Kommentaar
Haar sonskyngeel spruit uit tot bo in die bloue hemel.
Jou woorde floreer en klink vir my soos 'n mooi lied.