Jou fatsoenlikheid mot soos
reëndruppels op my begeerte:
ek is stof, die kroon gepars –
jy innemend soos vonkelwyn.
Dit betower my hart, tot barstens toe vol.
Kyk! Vars blomme in die lig begin fleur en
teer ontluik:
as ék bid, sal dit soos gebede rank en na
dié hemel groei.
O my tuinier, jy wat my so goed versorg
sprinkel geure aangenaam
en ek drink die liefde rondom ons loot
kwistig uit dié rank.
met ’n bondel van bloeisels uit die kelk –
so onvermoeiend in pers.



Kommentaar
Hoe sluit ek aan op LitNet
Goeiedag Renate
Ek hoop dit gaan goed.
Wil jy by die nuusbrief inteken?
Jy kan inteken op die nuusbrief op LitNet se tuisblad: https://www.litnet.co.za/category/als-oor-litnet/nuusbrief/
Vriendelike groete
Mag vreugde aanhou bot. Dis mooi.
Baie geluk, Zebbie. Dis ’n pragtige werk. 😊
Mag jou verse net aanhou "fleur en blom".
die wêreld vol rank om só jou gedigte se lieflike geur te bly versprei.
Zeb, wat 'n vreugde is jou verse. Jy taal dit verby kranse, bo-oor sterre oneindig hemelhoog.