Graad 11 Eerste Addisionele Taal – Taaloefening en memo met Best Books

  • 4

Die Best Books Taal­ en leesoefenboek vir Graad 11 Eerste Addisionele Taal deur Marelize Swanepoel is ’n gebruikersvriendelike werkboek wat ’n wye verskeidenheid tweetalige opsommings en taaloefeninge bevat om leerders met eksamenvoorbereiding te help. Hierdie taaloefeninge sal die worstelende én die vooruitstrewende addisionele taal­leerder help om beter te vaar in die eksamen.

Die taal­ en leesoefenboek

  • dek die belangrikste taalstrukture en ­konvensies soos klankleer, woordvorming, woordsoorte en sins­ en betekenisleer wat die leerder die geleentheid bied om teoriese kennis toe te pas volgens die vereistes van die Kurrikulum­ en assesseringsbeleidsverklaring.
  • bied Engelse vertalings van begrippe en toeganklike opsommings met voorbeelde.
  • bestaan uit agt hoofstukke met taaloefeninge en twee begripstoetse per hoofstuk.
  • sluit oefenvraestelle in.
  • bied plek vir antwoorde, vir maklike hersiening en verwysing.

Die boek is saamgestel volgens die nuutste AWS, en is geskik vir gebruik in die klaskamer of tuis.

Eboeke is beskikbaar by Amazon, Takealot, Kobo, itsi Store en Snapplify.

Gedrukte boeke kan bestel word by: Takealot, Loot, Raru, EB Online en die itsi Store.

As toonaangewende boekhandelaars nie voorraad het nie, vra gerus die winkelbestuurder om dit te bestel.

Om ’n voorsmaak te kry van wat die boek jou bied, klik hier vir die volgende uittreksels:

  • 4

Kommentaar

  • Baie dankie dit help baie. Het julle moontlik sulke oefeninge vir laerskoolleerlinge ook, asseblief.

  • 'n Uitstekende hulpmiddel vir leerders wat nie Afrikaans tuis praat nie.
    Meer take en oefeninge op hierdie webwerf sal baie leerders bevoordeel, veral by die skryf van deurlopende take en oefeninge, omrede baie van die leerders oor beperkte woordeskat beskik.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top