Best Books Eksamenhulp: Graad 10 Taal en leesoefenboek vir Huistaal deur Isabella Venish bevat taalopsommings met toepaslike voorbeelde en taaloefeninge, sowel as konsepvraestelle om die grondslag vir sukses te lê. Elke hoofstuk bevat ’n begrips- en hersieningstoets. Dit bevat ook wenke en raad vir die beantwoording van Vraestelle 1 en 3.
Die boek lê die grondslag vir sukses in die VOO-band en bevat opsommings van elke taalstruktuur en konvensie. Dit is ’n oefenboek om tot graad 12 te hou en saam met Best Books se oefenboeke vir graad 11 en 12 te gebruik.
Eboeke is beskikbaar by Amazon, Takealot, Kobo, itsi Store en Snapplify.
Gedrukte boeke kan bestel word by: Takealot, Loot, Raru, EB Online en die itsi Store.
As toonaangewende boekhandelaars nie voorraad het nie, vra gerus die winkelbestuurder om dit te bestel.
In hierdie video gesels Isabella Venish oor die boek:
Om ’n voorsmaak te kry van wat die boek jou bied, klik hier vir die volgende uittreksels:
- ’n Taaloefening
• Antwoorde op die vrae


Kommentaar
Ek is 'n student en wil inligting hê on my voor te berei vir my studies.
So opgewonde om u materiaal te gebruik
Ek sukkel met Afrikaans Huistaal.
Hallo en dankie vir die navraag. Hier is 'n indeks van al die vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dit is ingedeel volgens graad en vakgebied, en ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Blaai daardeur om te sien wat beskikbaar is en voorspoed met die voorbereiding. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder