Gesogte ATKV-mediaveertjies vir presteerders

  • 0

Verskeie presteerders in die Afrikaanse mediawêreld is op 20 April by Vodaworld in Midrand met ’n Mediaveertjie deur die ATKV bekroon. Die ATKV bekroon jaarliks diegene wat in die loop van ’n gegewe jaar ’n uitnemende bydrae in Afrikaans gelewer het. Elke kategoriewenner ontvang R3 500 en ’n trofee.

Die publiek het ook deelgeneem aan die ATKV-Mediaveertjies deur te stem vir hulle gunsteling radiopersoonlikheid.  Vanjaar is dit Ettienne Ludick van RSG.

Thys Odendaal is vereer vir sy jarelange bydrae as kunstejoernalis. Hy het nie net vanweë 'n jarelange verbintenis met die Afrikaanse kunstejoernalistiek iemand geword om van kennis te neem nie, maar juis om sy wye verwysingsraamwerk, sy ingeligte menings en sy netjies verwoorde kritiek. Dis veral sy fyn luister wat neerslag gevind het in menige artikels, resensies en rubrieke.

Radiopryse

Die beoordelaars in hierdie kategorie was: Marida Swanepoel, Limari Louw en Anne Marie Bezdrob, met wenners soos volg:

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n vermaaklikheids- of joernaalprogram

  • Iris Bester – Leeskring: Breyten Breytenbach – RSG

Beste insetsel in ’n vermaaklikheids- of joernaalprogram

  • Ettienne Ludick – RSG Sport: Jimmy Abbott & Tienie Halgryn – RSG

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of dieptenuusprogram

  • Lynette Francis – Praat Saam: Julius Malema – RSG

Beste insetsel in ’n nuus- of dieptenuusprogram

  • Suna Venter – Monitor: Mitchellsplein – RSG

Beste vermaaklikheids- of joernaalprogram

  • Martelize Brink – Oggend op RSG – RSG

Beste nuus- of dieptenuusprogram

  • Lynette Francis – Praat Saam: David Kramer – RSG

Beste dokumentêre program of programreeks

  • Iris Bester – Adam Small – RSG

Beste radiodrama of –teater

  • Bettie Kemp – Die woonkamer – RSG

Pryse vir gedrukte/elektroniese media

Die kategorie KOERANTE se beoordelaars was Charles Naudé, Wilma de Bruin en Ebbe Dommisse met die volgende wenners:

In-diepte artikels/Ondersoekende joernalistiek

  • Jackie Pienaar-Brink – Kaapstad se Somalië – By: Media24

Beste persoonlikheidsprofiel

  • Willemien Brümmer – Die vrou wat al lánkal leef – By: Media24

Kunstejoernalistiek

  • Willemien Brümmer – Jans en sy technicolour droomjas – By: Media24

Beste leefstyl-storie

  • Ilza Roggeband – Beter as ’n Marie-beskuitjie – By: Media24

Essayis, rubriekskrywer of blogger van die jaar

  • Dana Snyman – Die verhaal van Rooikappie in sms-taal – Beeld en Die Burger

Beste streekskoerant

  • Vista – Redakteur: Marti Will

TYDSKRIFTE is beoordeel deur Elna Rossouw, Martie Retief Meiring en Joan Kruger en die volgende persone is as wenners aangewys:

In-diepte artikels/Ondersoekende joernalistiek

  • Salomé Delport – Ritalin se nuwe (onwettige) gebruike – Rooi Rose

Beste persoonlikheidsprofiel

  • Dana Snyman – Koebaai, Franz Kemp – Huisgenoot

Kunstejoernalistiek

  • Pieter van Zyl – Op soek na Ingrid – Huisgenoot Tempo

Beste leefstyl-storie

  • Maretta Bellingan – Vely, vely nice! – Vrouekeur

Essayis, rubriekskrywer of blogger van die jaar

  • Sophia van Taak – Boney M en die langpad ... – WegSleep

Televisiepryse

Die VERHALENDE GENRES se beoordelaars het ingesluit: Diane de Beer, Schalk Schoombie en Emile Joubert. Vanjaar word die volgende persone met ’n ATKV-Mediaveertjie bekroon:

VERHALENDE GENRES

Beste draaiboek vir ’n dramareeks of enkeldrama

  • Henriëtta Gryffenberg, Justine Loots en Hélène Truter – Erfsondes 5

Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama

  • Peter Heaney – Erfsondes 5

Beste dramareeks of enkeldrama

  • Erfsondes 5 – Imani Media

Beste akteur in ’n dramareeks of enkeldrama

  • Marko van der Colf – Vallei van sluiers II

Beste aktrise in ’n dramareeks of enkeldrama

  • Brümilda van Rensburg – Hartland

Beste akteur in ’n sepie

  • Lieb Bester – Villa Rosa

Beste aktrise in ’n sepie

  • Nadia Valvekens – Binneland

Beste sepie

  • Binneland

AKTUELE GENRES is beoordeel deur Friedrich Stark, Harald Pakendorf en Elna Boesak met die volgende wenners.

Beste aanbieder of onderhoudvoerder in ’n gesels- of joernaalprogram

  • Coenie de Villiers – Kwêla

Beste insetsel in ’n gesels- of joernaalprogram

  • Alizia Linden – Ellen Pakkies – Kwêla

Beste gesels- of joernaalprogram

  • Pieter Cilliers & Marié Minnaar – Kwêla

Beste aanbieder of onderhoudvoerder in ’n nuus- of aktualiteitsprogram

  • Freek Robinson – Robinson Regstreeks

Beste insetsel in ’n nuus- of aktualiteitsprogram

  • Karin d’Orville – Met helende harte en hande – Fokus

Beste nuus- of aktualiteitsprogram

  • Karin d’Orville – As die Karoo kraak – Fokus

Beste nuusleser

  • Genée Heyl – eNuus

Beste dokumentêre program of programreeks

  • André Calitz, Hanné Koster & Esté de Klerk – Coenie de Villiers: Hart van glas

Beste vermaaklikheidsprogram

  • Jaco Loubser – Jou show met Emo & Wicus

Beste leefstylprogram

  • Jaco Loubser – Roer: Zak & Magda

Lees ’n onderhoud met Sophia van Taak wat die Mediaveer vir essayis, rubriekskrywer of blogger van die jaar gewen het.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top