Die wenners van die Media24 Boeke Literêre Pryse vir 2016 is Woensdagaand by die Momo-galery in Kaapstad aangekondig.

Marianne Thamm was die seremoniemeester.

Gilbert Gibson is met die Elisabeth Eybers-prys vir poësie bekroon vir sy bundel Vry- wat die leser volgens die beoordelaars konfronteer met ’n unieke stilistiese wyse waarop temas ontgin word. Hierdeur “kom die voorheen bekende Vrystaatse gegewe skielik in ander gedaantes na vore – verryk met ’n verbrokkelende, stamelende broosheid”. Gibson het Media24 vir die ondersteuning wat hulle aan die digkuns gee deur middel van hierdie prys, bedank.
![]() |
Nie-akademiese notas by die lees van Vry- deur Gilbert Gibson Natie Botes "Ek het gestem, ek het ’n stem. Ek is dus vry. Of is ek net kwansuis |
Die Herman Charles Bosman-prys vir Engelse fiksie is toegeken aan Finuala Dowling vir The Fetch, uitgegee deur Kwela. Die beoordelaars het Dowling onder meer geprys vir haar subtiele, humoristiese taalgebruik en haar vermoë om geloofwaardige, komplekse karakters te skep wat die belangstelling prikkel.

Finuala Dowling: "To write a book like The Fetch you had to draw on the dead and the living and the imaginary. So I would like to ask forgiveness from the living, and ask the dead not to haunt me, and thank the imaginary for continuing to be my excellent companion."
![]() |
Book Review: The Fetch by Finuala Dowling Eva Hunter "There is much to charm and delight – not least some very funny dialogue – in this story about a motley ('mixed') group of South Africans living their 'ordinary' lives and learning to express love for one another in practical ways." |
Die MER-prys vir jeugromans is toegeken aan Carin Krahtz vir Elton amper famous April en juffrou Brom, uitgegee deur Tafelberg. Volgens die beoordelaars is dit 'n eg-Suid-Afrikaanse verhaal wat elke dag in duisende klaskamers afspeel. "Net 'n onderwyseres, wat hierdie lief en leed ken, kan 'n karakter soos Elton in die lewe bring."

Carin Krahtz het vir Michelle Cooper en die hele span van NB-Uitgewers vir hul bydrae tot die sukses van die boek bedank.

Deon Lotz het uittreksels uit al die wenboeke voorgelees.

Die MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke is aan Elizabeth Wasserman en Astrid Castle (illustreerder) vir Die Dingesfabriek 4: Jannus en Kriek en die tydmasjien, ook uitgegee deur Tafelberg, toegeken.

Milton Shain het die Recht Malan-prys vir niefiksie verower met sy A Perfect Storm: Antisemitism in South Africa 1930–1948, uitgegee deur Jonathan Ball Publishers. Dié werk is deur die beoordelaars beskryf as ’n wonderlike boek en ’n gepaste waarskuwing, in ’n tyd waarin xenofobie gereeld in Suid-Afrika en oor die wêreld heen tot geweld lei, teen wat kan gebeur wanneer magsbehepte politici ’n weerlose groep as boos uitmaak. Jeremy Boraine van Jonathan Ball Publishers het die prys namens hom ontvang.

Die wenner van die WA Hofmeyr-prys vir Afrikaanse fiksie is Ingrid Winterbach vir haar roman Vlakwater, uitgegee deur Human & Rousseau. Dit is die vierde keer dat Winterbach hierdie belangrike prys ontvang. Vlakwater is deur die beoordelaars geloof as ’n werk waarmee die skrywer ’n reeds indrukwekkende oeuvre verruim. Die roman is beskryf as “’n besinning oor die rol en aard van kuns in roerige tye; ’n moedelose wekroep teen die tirannie van middelmatigheid en geestelike vervlakking, asook ’n soeke na mistieke rigtingwysers in ’n andersyds onherbergsame heelal.”
Ingrid Winterbach: "Ek is oor twee dinge baie spyt dat ek nie meer oor 50 jaar hier sal wees nie. Die een ding is dat ek baie graag sou wou weet hoe dit lyk in die heelal ... die ander ding is hoe dit met Afrikaans gesteld is oor 50 jaar. Ek is seker daarvan dat Afrikaans dan heeltemal anders sou lyk – ge-overall en hopelik ge-decolonise. Maar terwyl ons nou nog deur 'n spieël in 'n raaisel kyk, wil ek net sê dis vir my 'n baie groot eer om hierdie prys te ontvang."
![]() |
LitNet Akademies-resensie-essay: Vlakwater deur Ingrid Winterbach Andries Visagie "Met haar roman skryf sy dus voort binne die tradisie van die betrokke literatuur in Afrikaans, maar soos geen ander Afrikaanse skrywer tot dusver nie, slaag sy daarin om die dilemma van die metamodernisme vas te vat." |

Eloïse Wessels

Die wenners van links: Jeremy Boraine (namens Milton Shain), Ingrid Winterbach, Gilbert Gibson, Eloïse Wessels, Astrid Castle, Elizabeth Wasserman, Finuala Dowling en Carin Krahtz.

Eloïse Wessels

Margot Luyt

Clifford en Maryke Roberts

Antjie Krog was 'n beoordelaar vir die Elisabeth Eybers-prys.

Stephen Johnson en Elna van der Merwe

Marlise Joubert

Marga Stoffer saam met John Skotnes

Hester Carstens saam met Hanli en Bernard Odendaal

Ingrid Winterbach

Marianne Thamm

Thys Human en Hettie Scholtz

Gerrit Rautenbach

Catrina Wessels

Cairistine Canary

Finuala Dowling

Carolyn Meads

Michelle Cooper saam met Derick van der Walt en sy vrou

Theuns Eloff

Amanda Botha
Die beoordelaars was: Vir die WA Hofmeyr-prys: Thys Human, Danie Marais en Bernard Odendaal; vir die Herman Charles Bosman-prys: Johan Jacobs, Molly Brown en Ann Donald; vir die Recht Malan-prys: John Maytham, Elsa van Huyssteen en Max du Preez; vir die Elisabeth Eybers-prys: Henning Pieterse, Antjie Krog en Francois Smith; vir die MER-prys vir jeugromans: Louise Steyn, Verushka Louw en Wendy Maartens; en vir die MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke: Lona Gericke, Paddy Bouma en Magdel Vorster.





Kommentaar
Vreeslike wit affêre lyk dit vir my.