Insomnia se nuwe boek, Insomnia (Lapa) is onlangs by Graffiti-boeke in Lynnwood, Pretoria bekend gestel. Margarethie Bredenkamp het die geleentheid bygewoon en ’n paar foto’s geneem.
Titel: Insomnia
Skrywer: Leon van Nierop
Kategorie: Fiksie (Spanningsroman)
ISBN: 9780799355673
Prys: R102.95
Klik hier en koop Insomnia nou by Kalahari.net!

Elsa Liebenberg, Leon van Nierop, Leonie van Rensburg (bestuurderes van Graffiti in Kolonade), Dineke Volschenk (senior uitgewer by Lapa) en Sonja Janse van Rensburg (bestuurderes van Graffiti en gasvrou van die aand)

Dineke Volschenk van Lapa, Leon van Nierop en Sonja Janse van Rensburg

Drie van Leon se boeke wat nou op die rakke is – Vuurvreter, Verklikker en Insomnia. Sy bekende radiodrama Wolwedans in die skemer word nuut opgeneem en sal in Augustus uitgesaai word.

Jamie-Lee Curtis staan reg om vir die gaste ’n glasie wyn in te skink.

Sonja Janse van Rensburg stel Dineke Volschenk en Leon van Nierop aan die woord.

Daan Prinsloo en Leon van Nierop

Dineke Volschenk en Leon van Nierop gesels met Piet de Jager, wat die film Roepman gemaak het. Leon se film Wolwedans in die skemer word in Augustus uitgereik.

Elize Breytenbach, Susan Labuschagne en Judy Swanepoel

Elaine Lockhart en Fred Simpson het die aand nog meer kleurvol gemaak

Estia Joubert en Leon gesels ’n paar woorde terwyl Fred Simpson solank begin lees aan Insomnia.

Anne-Marie Myburgh

Drie van die titels van Leon van Nierop is nou op die rakke by Graffiti – Insomnia, Verklikker en Vuurvreter.

Miemie de Waal laat haar boek teken.

Leon teken Fred Simpson se boek.

Leon gesels met Carol van der Merwe nadat hy haar boek geteken het.

Miemie de Waal (Verklikkers) Freida Botha (Insomnia) en Estia Joubert (Vuurvreter)

In die winter moet jy maar net jou voet neersit en so ’n warm en gesellige byeenkoms bywoon. .

Sonja Janse van Rensburg wens Elaine Lockhart geluk met die boekprys wat sy gewen het.

