Foto's: kykNET|Rapport-boekpryse 2016

  • 0

Die wenners van die kykNET|Rapport-boekpryse – die grootste pryse van hul soort in Afrikaans – is op Erfenisdag, Saterdag 24 September 2016, in Kaapstad bekend gemaak. 'n Uitgelese groep gaste het by Yumcious in Groenpunt bymekaar gekom om die pryse te vier.

_MG_6439

Die wenboeke

_MG_6301

Debbie Loots

_MG_6296

Gerard Scholtz

_MG_6315

Amanda Botha

_MG_6287

Darryl David was een van die beoordelaars vir die niefiksieprys.

_MG_6295

Nelia Richter, boekeredakteur van Rapport

_MG_6300

Gerrit Schoonhoven

_MG_6304

Irma du Plessis

_MG_6316

Jo Prins

_MG_6320

Kerneels Breytenbach

_MG_6320

Miemie du Plessis, Steward van Wyk, Emmerentia van Wyk en Irma du Plessis

_MG_6317

Andries Bezuidenhout

_MG_6319

Tertius Kapp

_MG_6334

Die funksie is vanjaar by Yumcious in Groenpunt gehou.

_MG_6324

Seremoniemeester Karen Meiring

_MG_6330

Hettie Scholtz, sameroeper van die kykNET|Rapport Boekpryse

_MG_6346

Bibi Slippers het die commendatio's vir die nuwe resensiepryse voorgelees. Lees dit hier.

_MG_6346

Jean Meiring het die kykNET-Rapportprys vir boekresensent van die jaar vir fiksie gewen vir sy resensie “Huppel met chutzpah oor konvensies heen” oor Johan Fourie se roman Struisvoël. Jo Prins het dit namens hom in ontvangs geneem.

_MG_6363

Willie Burger het die kykNET-Rapportprys vir boekresensent van die jaar vir niefiksie gewen met sy resensie “Om kreatief te lewe is aanhou beweeg” oor Breyten Breytenbach se Parool / Parole: Versamelde Toesprake.

_MG_6354

Carel van der Merwe

_MG_6364

Piet Matipa was een van die beoordelaars van die resensies.

_MG_6364

Elmari Rautenbach

_MG_6417

Die kykNET|Rapport Filmprys gaan vanjaar aan Jaco Jacobs vir ’n Goeie dag vir boomklim. Gerrit Schoonhoven het die commendatio voorgelees. Lees dit hier.

_MG_6426

Jaco Jacobs neem die prys in ontvangs.

_MG_6333

Louise Viljoen

_MG_6327

Alexander Strachan, tussen Marga Stoffer en Frederick de Jager

_MG_6378

Die Jan Rabie-Rapportprys vir beste debuutroman in Afrikaans is toegeken aan Lien Botha vir Wonderboom. Elna van der Merwe het die commendatio voorgelees. Lees dit hier.

_MG_6369

Raymond Smith het die Jan Rabie-prys namens Lien Botha ontvang, aangesien sy by die Week van de Afrikaanse roman in Nederland was.

_MG_6371

Karin Brynard

_MG_6379

Helené Prinsloo

_MG_6382

Die kykNET|Rapport Fiksieprys gaan vanjaar aan Alexander Strachan vir Brandwaterkom. Frederick de Jager het die commendatio voorgelees. Lees dit hier.

_MG_6389

Alexander Strachan neem die prys in ontvangs.

_MG_6367

Marga Stoffer

_MG_6356

Frederick de Jager

_MG_6400

Die kykNET|Rapport Niefiksieprys gaan aan Carel van der Merwe vir Donker stroom. Irma du Plessis het die commendatio voorgelees. Lees dit hier.

_MG_6410

Carel van die Merwe neem die prys in ontvangs.

Foto's: Naomi Bruwer

Lees die commendatio's

Commendatio: kykNET|Rapport Fiksiewenner 2016

Frederik de Jager
Boeke en skrywers

"In Brandwaterkom bring Alexander Strachan nie net die Anglo-Boereoorlog en die Grensoorlog opwindend in een verband saam nie, maar bring hy ook oorlogstemas en die strukturele eksperiment van sy hele oeuvre tot ’n nuwe verdieping."

 
Commendatio: kykNET|Rapport Niefiksiewenner 2016

Irma du Plessis
Boeke en skrywers

"Donker stroom se statuur berus op verbeeldingryke en vasberade argiefnavorsing, gerugsteun deur knap en soomlose integrasie van sekondêre literatuur, noukeurige en oorwoë ontledings, en die handhawing van ʼn onderspeelde, geloofwaardige outeurstem."

 
Commendatio: kykNET|Rapport Filmprys 2016

Gerrit Schoonhoven
Boeke en skrywers

"’n Goeie dag vir boomklim verdien om die filmprys te wen. Dis boonop bekostigbaar om te vervaardig, en met dié dat die verhaal ’n paar dae voor Kersfees afspeel, is dit ’n gegewe dat dit ook by die loket sal presteer."

 
Commendatio: Jan Rabie-Rapportprys vir beste debuutroman in Afrikaans 2016

Danie Marais
Boeke en skrywers

"Wonderboom is ’n ryk, poëtiese en beduidende toevoeging tot die Afrikaanse romankuns; ’n literêre koorsdroom deur ’n kunstenaar wat haar gehoor se blik onthutsend verstel, verbreed en verfyn."

 
Commendatio’s: kykNET|Rapport Boekresensent van die jaar 2016

Yvonne Beyers
Boeke en skrywers

"Die slotsom waartoe ons gekom het, is dat hierdie resensies onteenseglik bewys dat dit ’n groot kuns is om ’n goeie resensie te skryf."

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top