
Die wenners van die kykNET|Rapport-boekpryse – die grootste pryse van hul soort in Afrikaans – is op Erfenisdag, Saterdag 24 September 2016, in Kaapstad bekend gemaak. 'n Uitgelese groep gaste het by Yumcious in Groenpunt bymekaar gekom om die pryse te vier.

Die wenboeke

Debbie Loots

Gerard Scholtz

Amanda Botha

Darryl David was een van die beoordelaars vir die niefiksieprys.

Nelia Richter, boekeredakteur van Rapport

Gerrit Schoonhoven

Irma du Plessis

Jo Prins

Kerneels Breytenbach

Miemie du Plessis, Steward van Wyk, Emmerentia van Wyk en Irma du Plessis

Andries Bezuidenhout

Tertius Kapp

Die funksie is vanjaar by Yumcious in Groenpunt gehou.

Seremoniemeester Karen Meiring

Hettie Scholtz, sameroeper van die kykNET|Rapport Boekpryse

Bibi Slippers het die commendatio's vir die nuwe resensiepryse voorgelees. Lees dit hier.

Jean Meiring het die kykNET-Rapportprys vir boekresensent van die jaar vir fiksie gewen vir sy resensie “Huppel met chutzpah oor konvensies heen” oor Johan Fourie se roman Struisvoël. Jo Prins het dit namens hom in ontvangs geneem.

Willie Burger het die kykNET-Rapportprys vir boekresensent van die jaar vir niefiksie gewen met sy resensie “Om kreatief te lewe is aanhou beweeg” oor Breyten Breytenbach se Parool / Parole: Versamelde Toesprake.

Carel van der Merwe

Piet Matipa was een van die beoordelaars van die resensies.

Elmari Rautenbach

Die kykNET|Rapport Filmprys gaan vanjaar aan Jaco Jacobs vir ’n Goeie dag vir boomklim. Gerrit Schoonhoven het die commendatio voorgelees. Lees dit hier.

Jaco Jacobs neem die prys in ontvangs.

Louise Viljoen

Alexander Strachan, tussen Marga Stoffer en Frederick de Jager

Die Jan Rabie-Rapportprys vir beste debuutroman in Afrikaans is toegeken aan Lien Botha vir Wonderboom. Elna van der Merwe het die commendatio voorgelees. Lees dit hier.

Raymond Smith het die Jan Rabie-prys namens Lien Botha ontvang, aangesien sy by die Week van de Afrikaanse roman in Nederland was.

Karin Brynard

Helené Prinsloo

Die kykNET|Rapport Fiksieprys gaan vanjaar aan Alexander Strachan vir Brandwaterkom. Frederick de Jager het die commendatio voorgelees. Lees dit hier.

Alexander Strachan neem die prys in ontvangs.

Marga Stoffer

Frederick de Jager

Die kykNET|Rapport Niefiksieprys gaan aan Carel van der Merwe vir Donker stroom. Irma du Plessis het die commendatio voorgelees. Lees dit hier.

Carel van die Merwe neem die prys in ontvangs.
Foto's: Naomi Bruwer
Lees die commendatio's
![]() |
Commendatio: kykNET|Rapport Fiksiewenner 2016
Frederik de Jager "In Brandwaterkom bring Alexander Strachan nie net die Anglo-Boereoorlog en die Grensoorlog opwindend in een verband saam nie, maar bring hy ook oorlogstemas en die strukturele eksperiment van sy hele oeuvre tot ’n nuwe verdieping." |
![]() |
Commendatio: kykNET|Rapport Niefiksiewenner 2016
Irma du Plessis "Donker stroom se statuur berus op verbeeldingryke en vasberade argiefnavorsing, gerugsteun deur knap en soomlose integrasie van sekondêre literatuur, noukeurige en oorwoë ontledings, en die handhawing van ʼn onderspeelde, geloofwaardige outeurstem." |
![]() |
Commendatio: kykNET|Rapport Filmprys 2016
Gerrit Schoonhoven "’n Goeie dag vir boomklim verdien om die filmprys te wen. Dis boonop bekostigbaar om te vervaardig, en met dié dat die verhaal ’n paar dae voor Kersfees afspeel, is dit ’n gegewe dat dit ook by die loket sal presteer." |
![]() |
Commendatio: Jan Rabie-Rapportprys vir beste debuutroman in Afrikaans 2016
Danie Marais "Wonderboom is ’n ryk, poëtiese en beduidende toevoeging tot die Afrikaanse romankuns; ’n literêre koorsdroom deur ’n kunstenaar wat haar gehoor se blik onthutsend verstel, verbreed en verfyn." |
![]() |
Commendatio’s: kykNET|Rapport Boekresensent van die jaar 2016
Yvonne Beyers "Die slotsom waartoe ons gekom het, is dat hierdie resensies onteenseglik bewys dat dit ’n groot kuns is om ’n goeie resensie te skryf." |






