Fotoblad: Betoging teen breking in Kaapstad

  • 1

’n Betoging teen die lig van die moratorium teen "Fracking", oftewel breking, in die Karoo het Saterdag 22 September voor die parlement in Kaapstad plaasgevind. Maryke Howard het foto's geneem by die geleentheid.


Jonathan Deal het daarop gewys dat daar tot dusver nog geen teken van die nodige impakstudies was nie en dat dit ’n saak van menseregte is dat sulke eensydige besluite geneem word. Hy het ook daarna verwys dat minister Susan Shabangu reeds haar hande vol het met bestaande myne en nie die mas opkom nie. Hy voel dat Shell in hul eie agterplaas behoort te bly.


Marina Louw van die Climate Justice Campaign


Volgens die reisskrywer Nick Yell van die groep Bikers against Fracking laat hidrobreking metaangas in die atmosfeer vry, wat ongeveer tien keer gevaarliker is as CO2. Die groot volumes water wat nodig is vir die proses, sal ook al die waterbronne vergiftig en dalk later heeltemal laat opdroog. Hy wil mense oortuig dat dit nie help om werksgeleenthede te hê as die proses die werknemers en hul gesinne siek maak nie.


Pastoor Barry Wuganaale het vertel hoe die Ogoniland-ekostelsel byna uitgewis is en hoe die gevalle van asemhaling- en velverwante siektes, veral kanker, die afgelope paar jaar dramaties daar gestyg het. Hy dring daarop aan dat Shell nie toegelaat mag word om dieselfde hier te doen nie.

  • 1

Kommentaar

  • Waldemar Gouws

    Die Karoo het nie 'n Boesman van ouds se kans as ons nie saamstaan teen die brekers nie.  Die skape, die rooikatte, die kraanvogels, die drosters, die boere, die bossies, die bossies, die bossies se water in sy maai.  Die landsleiers ken nie die land nie, respekteer die plek dus nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top