Fokofpolisiekar-lede: 'Tien jaar het my geleer ...'

  • 4

Die legendariese rockgroep Fokofpolisiekar vier in 2013 hul tiende bestaansjaar. LitNet het elk van die lede gevra: "Wat het Fokofpolisiekar jou geleer?" en in die nabye en verre verlede gaan draai vir foto's en video's.

Klik hier om Fokofpolisiekar, die groep se dubbel-album waarmee die tiende bestaansjaar gevier word, te koop by Kalahari.com.

Johnny de Ridder

"Fokofpolisiekar was my universiteit. Dit wat ek van ons land en mense geleer het, is van onskatbare waarde."


Foto: Annie Klopper

Hunter Kennedy

"Ek't geduld aangeleer! Ek't ook geleer hoe om te drink. Ek't geleer om myself nie te ernstig op te neem nie. Ek't geleer hoe dit is om vier broers te hê, maar ek verstaan nog steeds niks van Afrikaners nie."

Wynand Myburgh

"Daar was nie veel riglyne vir ’n Afrikaanse rock band om in 2003 te volg nie. Ons enigste mentor was die Rhythm Records-baas Albert du Plessis. Behalwe dit wat ons by Albert geleer het, was alles 'trial ’n error'. Uit hierdie 'trial & error' het ons bo uitgekom en nie net al die struikelblokke oorleef nie, maar ook ons grootste drome sien waar word. Om 10 jaar later nog steeds goeie vriende te wees en om saam op te tree is wonderlik. Ek het geleer dat baie van die 'ou' waardes, soos 'jy moet hard werk', 'jy moet ’n plan en visie hê', 'skryf jou drome neer', ens waar is, maar meestal uit konteks vir my geleer was. Ek het ook besef dat sonder om al die reëls te breek en om alles wat jy geleer het by die ruit uit te gooi, jy sal stagneer. Ek het geleer om dinge te bevraagteken en nie net alles wat ons vertel word te glo nie. Ek het geleer om vir myself te dink en dat ons ons eie lot bepaal. Ek het geleer dat ’n fout jou grootste bate kan wees en as jy staan by wat jy glo, jy jouself sal respekteer en miskien so sal ander mense ook. Ek het geleer dat niemand eintlik enigiets weet nie. Dan het ek vir seker nog baie meer slegte gewoontes aangeleer ..."


Foto: Annie Klopper

Francois van Coke

"Ek het geleer hoe Suid-Afrika lyk, hoe om te sing en hoe belangrik dit is om in ’n band te speel saam met ouens waarmee jy oor die weg kom."


Foto: Annie Klopper


Foto: Jan Gerber

Jaco Snake Venter

"Ek't geleer dat as mens in ’n band wil speel moet dit almal in die band se eerste prioriteit wees en dat ’n mens nie boere in Nelspruit met ys gooi nie."


Foto: Annie Klopper


Foto: Annie Klopper


Foto: Jan Gerber


Foto: Jan Gerber


Foto: Jan Gerber


Foto: Jan Gerber

Besoek Fokofpolisiekar se Facebook-blad om te sien met watter optredes en toere die tiende bestaansjaar gevier word.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 4

Kommentaar

  • Ouens, julle is legendes! Julle sal nooit vergeet word nie! Dit was a wille ride, maar dit was die moeite werd. Fokof vir altyd!

  • Jaco Dippenaar

    En 10 jaar later sit ek met al julle cd's, 'n signed movie poster, 'n copy van die dvd en 'n skateboard wat nog gesign moet word! En het julle nou al 24 keer live gesien, van Kenton on sea, tot kunstefees, tot PE tot Koppi en die hele PTA, en love die band net meer en meer elke dag wat ek na my fokofpolisiekar tattoo kyk op my regterarm! Legendes...

  • Lekker befok! Sien FPK Saterdag aand 26 Jan 2013 in Potchefstroom! Gaan 'n moerse party wees

    Julle Wen!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top