Flikker: The Lincoln Lawyer – ’n baie kykbare film met 'n gatskop-klankbaan

  • 0

The Lincoln Lawyer
Regisseur:
Brad Furman
Kamerawerk: Lukas Ettlin
Rolverdeling: Matthew McConaughey; Marisa Tomei; Ryan Phillippe; Frances  Fisher
Looptyd: 118 minute

Prokureur Mick Haller is ’n regte hardegat. Sy praktyk, wat hy uit ’n statige ou Lincoln met die nommerplaat “Not guilty” bedryf, fokus hoofsaaklik op ongure karakters uit die bendewêreld. Toe hy die geleentheid kry om ’n kliënt (Ryan Phillippe) uit Beverly Hills te verteenwoordig, lyk dit of hy hom vir ’n verandering in die respektabele (lees: snobistiese en welvarende) deel van die regswêreld bevind. Die klag van aanranding van ’n prostituut lyk eenvoudig genoeg. Dis haar woord teen syne, en in die hof is Haller ’n uitgeslape gladdebek. Tot hy begin agterkom sy kliënt met die aantreklike gesiggie en duur klere se stories stem nie ooreen nie, en dat daar baie meer agter hierdie saak skuil.

’n Baie kykbare film in die hofdrama-genre, net reg vir ’n Saterdagaand. Hou veral die ore oop vir ’n gatskop-klankbaan.

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top