In 2020 word die tiende kykNET Fiësta-toekennings gevier. Dié geleentheid is 'n inisiatief om die beste werk van die afgelope feesjaar te vereer. Debuutproduksies op die land se ses grootste vervaardigende Afrikaanse kunstefeeste - US Woordfees, KKNK, Suidoosterfees, Innibos, Vrystaat Kunstefees en Aardklop - kom in aanmerking vir dié gesogte pryse.
Die 10de kykNET Fiësta-toekennings sal op Sondag 9 Februarie 2020 in Kaapstad toegeken word tydens 'n regstreekse uitsending wat op kykNET DStv-kanaal 144. Benewens die benoemings kan die publiek ook vanaf 13 Desember – 13 Januarie vir hul gunsteling fees stem op die kykNET webblad.
Beste akteur
- Albert Pretorius – Tien duisend ton
- André Roothman – Koningin Lear
- Brendon Daniels – Queenie-hulle
- Laudo Liebenberg – Katvoet\
Beste aktrise
- Antoinette Kellermann – Koningin Lear
- Cintaine Schutte – Tien duisend ton
- Jill Levenberg – Queenie-hulle
- Tinarie van Wyk Loots – Katvoet
Beste manlike byspeler
- Edwin van der Walt – Koningin Lear
- Jaques de Silva – Queenie-hulle
- Marius Weyers – Katvoet
- Wilhelm van der Walt – The Borrow Pit
Beste vroulike byspeler
- Anna-Mart van der Merwe – Koningin Lear
- Devonecia Swartz – Jakkals en Wolf Onbeperk
- Nicola Hanekom – Be(t)roudag
- Rolanda Marais – Koningin Lear
Beste regie
- Brett Bailey – Samson
- Christo Davids – Queenie-hulle
- Marthinus Basson – Koningin Lear
- Nico Scheepers – Tien duisend ton
Beste teaterontwerp
- Brett Bailey (kostuums) – Samson
- Brett Bailey en Tanya P. Johnson (kunswerke en ontwerp) – Samson
- Marthinus Basson (teaterontwerp) – Koningin Lear
- Wolf Britz (stel- en beligtingsontwerp) – Statements After an Arrest Under the Immorality Act
Beste spel in 'n solo-vertoning
- Chris Vorster – Die Hart Verklap
- Cintaine Schutte – Die dinge van ‘n kind
- Craig Morris – Johnny Boskak voel ‘n bietjie …
- Sandra Prinsloo – Kamphoer - Die Verhaal van Susan Nell
Beste nuutgeskepte Afrikaanse teks
- Christo Davids en Lloyd Davids – Queenie-hulle
- Herschelle Benjamin – In Slavenhuis 39
- Malan Steyn – Jakkals en Wolf Onbeperk
- Retief Scholtz – Die voordele van eierwit
Beste opkomende kunstenaar
- Cantona James – In Slavenhuis 39
- en Jakkals en Wolf Onbeperk
- Emma van Heyn – Met slenterslag na Sjanghai
- Jane Mamotse Mpholo – The Island
- Nombulelo Yende – La Serva Padrona
- Wian Taljaard – Jakkals en Wolf Onbeperk
Beste prestasie in klassieke musiek
- Bongani Kubheka en Nombulelo Yende – La Serva Padrona
- Camerata Tinta Barocca onder leiding van Erik Dippenaar – Glorious Baroque
- Charl du Plessis – Solo
- José Dias – Hulde aan Nellie du Toit
Bestse prestasie in visuele kuns
- Abrie Fourie en Harrie Siertsema – Verf dit Swart (Paint it black)
- Banele Khoza – Seeking Love
- Cedric Nunn – Blood Relatives
- Jean Theron Louw – My Afrika-wildehonde
Beste musiekgedrewe produksie: Buitelug
- kykNET Rock Nou!-konsert
- kykNET Verjaardagkonsert (kykNET-verjaardagkonsert)
- Soweto String Quartet ontmoet Loki Rothman
- Toe ek 20 was
Beste musiekgedrewe produksie: Podium
- ALTEmit Acapella
- Amanda Strydom – Miss Mandy
- Eet Kreef!
- My land, my klank
Beste musiekgedrewe produksie: Teater
- Jakkals en Wolf Onbeperk
- Nataniël: Anthem
- Samson
- Woorde op Akkoorde
Beste aanbieding
- Katvoet
- Koningin Lear
- Queenie-hulle
- Samson
- Tien duisend ton
Beste duo of ensemble
- Die intermissie
- Jakkals en Wolf Onbeperk
- Queenie-hulle
- The Island
Beste vertaling of verwerking van 'n bestaande werk
- Antjie Krog – Koningin Lear
- Cecilia du Toit, Lara Foot en Sandra Prinsloo – Kamphoer - Die Verhaal van Susan Nell
- Francois Toerien - Die dinge van 'n kind
- Nico Scheepers - Tien duisend ton
Die Fiësta-toekenings word op Sondag 9 Februarie in Kaapstad oorhandig. Die toekenningsaand gaan regstreeks op kykNET DStv-kanaal 144 uitgesaai word.

















