Eye of the Firestorm: Naledi se boekbekendstelling

  • 0

YouTube-beelde kon al vir mense wys hoe lyk dit om in die oog van ’n storm – soos in ’n orkaan – te wees. Maar daar is ook ander storms. Soos oorloë. En hoe vóél dit om in so ’n storm te wees? Een waar mens om jou lewe vrees en waar mens terselfdertyd veg teen ’n sisteem? Afgetrede generaal-majoor Roland de Vries het ’n boek hieroor geskryf. Een met ’n baie gepaste titel.

Eye of the Firestorm is op 9 Mei 2013 by Naledi se kantoor bekendgestel.

Titel: Eye of the Firestorm
Outeur: Roland de Vries
Uitgewer: Naledi
ISBN: 9780992191252

 

 

 

 

 

 

Koop Eye of the Firestorm nou by Kalahari.com.

 

 

 

 

 

 

 

Die voorblad van die boek toon ’n nagtoneel wat soldate sal herken. ’n Storm van vuur. Die foto wat hier gebruik is, is ’n werklike een wat tydens die Grensoorlog geneem is.

Die binnehof van die Planet Art-gebou in Kaapstad waar Naledi-uitgewers is, is die teenoorgestelde van ’n storm. Dié ruimte laat gaste voel of hulle hul wil tuismaak.

Die tema van die buitestander word gereeld in skryfwerk ontgin, maar hierdie geraamde "outsider" is onwaar vandag: by hierdie boekbekendstelling word almal hartlik ontvang.

’n Feestelike tafel om die boek se geboorte te vier (die samoesas word sterk aanbeveel).

Roland de Vries, die skrywer van die boek, langs Melt Myburgh, redaksiehoof van Naledi, poseer vooraf vir ’n foto.

Musa Shezi en Roland de Vries voor die geleentheid afskop

Musa Shezi en Johan Coetzee

Deon Coetzee, hoof van Naledi, verwelkom die gaste.

Johan Coetzee, direkteur van Naledi: "’n Storie kan geskryf word oor die skryf van dié storie. Vra vir die vrouens ... om ’n baba te kry is amper half maklik, maar wag tot die baba groot is ...! Hierdie boek is nou gebore, nou moet ons hom sien grootword."

"Die helfte van die boek is nou hier, want dis uitgegee. Nou moet die ander helfte nog kom, as die wêreld hom sien grootword."

"Ons hier by Naledi kan sê: ’n groot ding het met ons gebeur om hierdie boek uit te gee." 

Vanuit hierdie perspektief kan mens jou byna verbeel jy kyk uit op ’n stegie in Italië.

Canmille Burger, oudsoldaat en vriend van Roland de Vries: "Ek onthou ons eerste gesprek hieroor, die embriostadium van die boek. Ons het besef hier is baie stories om te vertel ..."

"Ek sit in ’n groot boom se skaduwee, as ek aan Roland de Vries dink. Maar nog ’n ding van bome, hulle het takke. En die takke is verskillende dinge. Die takke vertak na ’n lewe binne jou familie, maar ook na ’n lewe met jou militêre vermoëns ..."

Roland de Vries

Roland de Vries: "What is it that connects? Stories to stories, this book to Naledi, people to one another ... it is a pattern that connects."

"Soldate vloek, maar in die boek het ek nie die f-woord gebruik nie. Die rede waarom ek nie die f-woord gebruik nie, behels ’n storie met ’n peanut butter-broodjie. Toe ek so standerd een was, het ek so ’n toebroodjie vir ’n arm kind gegee, en toe die skoolboelie dit by hom gryp, het ek vir my ma gesê ek gaan hom opf**. Sy het my laat sit en gevra: ‘Roland, wat is jou toekomsvisie ten opsigte van die gebruik van die f-woord?’ Ek het die woord nooit weer gebruik nie."

"What’s the purpose of war? To create a better form of peace."

Foto: Rapport

Die bekendstelling vind aan hierdie kant van die bamboesafskorting plaas; daar anderkant sit ander mense en gesels. Hierdie uitsig voel wel taamlik simbolies terwyl mense by die bekendstelling praat oor die trauma en intensiteit van oorlog.

Willem Steenkamp, oudkollega en vriend van Roland de Vries: "Ek voel ook betrokke by die boek, maar ek weet dis nou nie my boek nie ..."

Roland de Vries: "Dis ook jou blêddie boek!"

Musa Shezi, direkteur van Naledi: "At the time of the Border War, these are my memories, this is my story. You were given just enough information - but only the information you needed, not enough to execute it."

"I wanted to free Mandela, but by the time I reached the age where I could think about revolutionising Robben Island, he was already free. I was told: Go finish your PhD."

Na die bekendstelling loop elkeen weg met sy eie storie en nalatenskap van ’n oorlog wat al jare gelede verby is, maar ook nooit verby sal wees in die gemoed van die mense wat werklik die nagtelike storms van vuur tydens die oorlog beleef het nie.

Skryf vir ons jou Grensoorlogstorie en wen Eye of the Firestorm

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top