Exes is nie soet nie

  • 0

hy wat voortdurend sukkel om te kies
staan tussen twee euwels te schreeu
eers snuif en drink, dan brul
in die vakuum waarin sy probeer om te slaap

sy brein geteister soos Khayelitsha
enige Woensdag in enige somer
nou spreek hy lukraak kennisse aan
via WhatsApp en Facebook

hy gee geboorte aan die akoestiek van nuwe pyn
sonder om te weet wat hy van haar wil
presies steek hy sy slingerbene voor hom
hartseer opgeklop tot verwoestende baslyn

in die jaar voor haar geboorte
is vermyding reeds vastgestel als ’n stoornis
nou is dit net wag tot sy ontwaak
rig haar hande op na die hemel toe

netjies afgewerk met die knolletjies
die rou rande is al jare lank geskud
sy beeld nog slegs ’n verflenterde foto
in ’n skewe versplinterde raam

Lees ook

Eksodus

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top