Eksodus

  • 0

Eksodus

Wat nie al was kan nog wat waai
in hierdie kaal stil vlakte.
Die jaar word ryp in wrede aakligheid
in woede wat verkil en in bitter idees;
watter boer behoor die horison
en watter peins hier weg te trek?

Ek plant my graaf in laagmoeras
– hulle het baie name vir jou:
draslandberusting, koloniaalhel,
armoedsvlakte, perifere kakgat, navel
in die vet pens van Drenthe –
maar ek moet vir jou my eie naam bedink
dit laat my brein geen oomblik met rus nie.

Ek moet vir jou ’n nuwe naam bedink,
waarmee geseën, gereinig word. Vertroue
word dikwels tasbaar by water, dit lê so in sy aard.
Die hart trek water aan; drink tot sy eie
versadiging. Verdor tog nog vroeër of later.

Vermindering neem waarneembaar toe
en ons vind in alles wat ons skryf en praat
– in die spieël van die put wat ons self gemyn het –
een bewys dat God dit eweneens voltooid vind
en Hy saam met ons hierdie land sal verlaat.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top