Op skool gedurende atletiekbyeenkoms het ôs altyd gechant. En ek het dit geadapt vi ôs se Bokke.
♪ Dis 'n Bokke-ding, is-ja!
♪ 'n lekke-lekke Bokke-ding, hoi-ya!
♪ Ôs sallie warrie nie,
♪ wan ôs het gewen,
♪ dis ʼn Bokke-ding!
Sarag by die rugby finals was dit ʼn klassieke oomblik vi my om daa te sit, ôs drie bruin gesigte in 'n see van wit gesigte. Ôs het amal saam opgestaan om die landslied te sing. Daa was ʼn paa plekke waa dit maa droewig gegan het, maa wat vi my die interessantste was, was toe ʼn wit outjie van agte af geskrie het, iets in lyn van “Hie’sit nou, kô sit julle stemme in!” toe die landslied draai by “Uitie blou van ons se hemel”. Maa ek vestaan dit tog, dis ʼn taal wat hulle vestaan, en kan sing. Maa dit vattie weg van die feit dat ôs soe min proebee om die res van die landslied soe te singie. Dis ampe soes dittie nodig is om ôs tyd met dit te morsie. Wan as djy gewoonlik die landslied sing, dan sing djy in die comfort van jou eie kring, mense wat soes djy is, dink, iet, en praat. Maa dink mense ooit an wat dit kan betieken om die hele landslied volbors te kan sing? Dit moet tog iets an ʼn mens se psyche doen.
Imagine vi jou ôs se gawement toets elke een van ôs as Suid-Afrikaners of ôs die landslied ken. En djy sal jou burgerskap as Suid-Afrikaner kan behou net as djy die landslied kan voluit sing. Hoeveel Suid-Afrikaners sal daa dan rêrig wies?
Daa is soe baie wat vra, maa hoekô gat amal soe an oo die Bokke wat gewen het, wat baat hulle wen vi allie nonsens wat angan in ôs se land? Maa niemand sê dat net ommat die Bokke gewen het alles gat vedwynie. Dit betieken vi my en anne believers dat alles is moonlik in die land om op ʼn goeie way vorentoe te beweeg. Die wen van die Bokke en hoe hulle dit saam gedoen het as ʼn span sonner om te warrie oo velkleur en agtegrond bewys an ôs dat as ôs saam wêk, dat dit moonlik is vi Suid Afrika om top van die wêreld te raak, maa net as ôs wil, as ôs saam kan wêk en met mag en uit die diepte van ôs siel kan saam ôs se landslied sing.
Die groot, die baie-baie groot vraag is: “Hoe?”
Hoekô is dit soe moeilik vi mense om hulle privileges te check? Hoekô is dit soe moeilik vi ôs amal om te kyk na wat ôs het, en watse mag daai privilege ôs gie? En hoekô is dit soe moeilik vi ôs om te sien dat ôs daai privilege wat ôs het, kan gebruik om die neks pesoon se liewe te vebieter, eeder dan om trug te staan en te sê: “Maa dissie my veantwoordelikheitie.” Imagine die Bokke het soe gespeel? Imagine elke speler van ôs op die veld het gesê maa dissie my veantwoordelikheitie, dis Kolisi sinne, of Pollard sinne, of Faffie sinne? Vedag sou ôsie die world champions gewies hettie.
En maybe it sounds like preaching, and if you are a part of the choir, please spread the message, en as djy innie gemeente sit, dink an hoe djy deel kan wies van die oplossing, wan ôs het genoeg proebleme, nie net in ôs persoonlike liewensie, maa die land.
“Eendrag maak mag” – dis die phrase wat nou by my opspring. Dit was die lese by een van my skole, ek kan nou nettie onthou by watte een nie. En ek wiet dat die lese het ʼn baie heavy apartheid feel, maa ek hou van die geskiedenis wat ek hie gekry het: “Ex unitate vires” – wanne ôs een is het ôs krag. En dis die visie wat ôs elkeen as Suid-Afrikaners moet hê soes ôs vorentoe loep. Ek hoop julle stem saam, en sal neks kee volbors kan saam sing,
Dankie vi die onnersteuning, en mooi bly.
Kommentaar
Dit was die ou apartheidsland se leuse. Hoe ironies.