Elders gesien: Wees versigtig

  • 3

Foto: Pixabay.com

Amanda le Roux skryf op Facebook:

Ek hoop daar is baie mense wat gaan lees wat ek nou skryf. Baie mense het baie te sê oor die "wondermiddel" Ivermektien wat effektief is teen die pes wat in die donker wandel en ons lewens bedreig. Daar is egter kundiges (bv dr Gerhard Verdoorn) in toksikologie wat waarsku teen die langtermyneffek daarvan. Ons pleps is weer eens uitgelewer. Ons het nie die kennis nie.

Ek het in 1992 'n operasie ondergaan en hoë koors ontwikkel. Na verskeie antibiotika wat nie gehelp het nie, is gentomisien gebruik wat die koors onmiddellik afgebring het. 18 jaar later, egter, in 2010 het ek begin doof word. Kundiges meen dis die werking van die genromisien. Vandag, in 2021 is ek so te sê 100% DOOF. Weet mense hoe dit 'n andersins gesonde mens wat nog graag wil skoolhou en klasgee se lewe affekteer?

Ek seg net - WEES VERSIGTIG. Ons weet nie wat ons nie weet nie.

  • 3

Kommentaar

  • Avatar
    Henning Janse van Vuuren

    Die plep, Rainer Maria Rilke, het verklaar: "Let life happen to you. Believe me: life is in the right, always," en "The purpose of life is to be defeated by greater and greater things." Sy woorde sou seker meer gewig op Facebook gedra het, maar ek weet nie so mooi nie, dit ruik effe na nihilisme.

    Ag, sê ek: gee Ivermectin 'n go, my ou. Ek het, sommer met 'n bietjie sodawater en ys.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top