Elders gesien: Oor die staat en magsbeheptheid

  • 2

Fotobron: Canva

Willlem Mulder skryf op Facebook: 

Ek weet ek sit nie op ’n eiland nie. Ek mag dit dalk beter af hê as die meerderheid ander in ons land, maar die realiteit is dat ek ook deel is van hierdie land. Ons almal word geraak deur hierdie pandemie, nevermind hoe hard jy probeer om jouself verwyderd van alles te imagine, hetsy in ’n Ivory tower of pondok.

Gesamentlik is ons die staat en as die staat van dinge wankelend begin lyk, dan is daar fout met die staat. Dan tree die staat nie op in almal se belange nie. Die hand kan nie oormag kry oor die lyf nie. Die party is nooit groter as die kiesers nie. Nooit weer kan ons toelaat dat een deel van ons staat ons rond laat val soos een wat dronk is van magsbeheptheid nie.

"If the ANC does to you what the Apartheid government did to you, then you must do to the ANC what you did to the Apartheid government." – Nelson Mandela

  • 2

Kommentaar

  • Amanda Kruger

    Ek stem volkome saam. Dit is skrikwekkend dat ons nie keuses het nie. Ons mag sigarette koop ... Nee, besluit ’n ander minister, ons mag nie. Ons regering is magsbehep. Korrup.

  • Willem, dink jy die bestuur van die pandemie deur die regering se krisisbeheerspan gaan oor magsvertoning? Kyk na New York – waar daar reeds meer as 10 000 COVID-19 sterftes is, as ’n voorbeeld van ’n land (VSA) waar ingryping nie betyds gebeur het nie.
    Ek sien die bestuur van die pandemie in Suid Afrika as ’n voorbeeld van uitstaande bestuur deur die regering. Duisende epos navrae van ons, die publiek, word daagliks in ag geneem deur die krisisbestuurspan.
    Wonder net, hoe sou jy dit anders wou doen?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top