Elders gesien: ’n Sprankelonderwyser

  • 0

Seymour Bothman skryf op Facebook:

Die skoolhoof, juffrou Benorita Ochkuis sê: “Toe is veertien klaskamers by ons skool deur die brand vernietig.”

Heindrich Wyngaard van die Kaapse Forum daag daar op en vra: “Wat kan ons doen juffrou?”

Die volgende dag daag 14 skootrekenaars by die skool op en gedurende die week, verskyn daar 14 dataprojektors. Dit is inderdaad ’n goeie storie. Dié hoof se leierskap en ondernemingsgees spreek boekdele, maar ek is nie verbaas nie, want sy het aan Söhnge Onderwyskollege gestudeer.

Samuel Baatjies se voorlegging dui op die belangrikheid van geskiedenis en museumerfenis in die skoolkurrikulum. Hy is ook ’n produk van dié Onderwyskollege.

Juffrou Adonis, jou leerders het ’n blywende indruk gelaat. ’n Mens kan seker nie anders as ’n sprankelonderwyser, soos u, die skoolgemeenskap lei nie.

Ons eer ons hemelse Vader vir die werk wat in die Overberg gedoen word.

Lees ook:

Raak asseblief betrokke by jou plaaslike skool

Skoleseminaar: Aanspreeklikheid in die onderwys

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top