Bettina Wyngaard skryf op Facebook:
Ek het vrae, vrinne, oor iets wat my nou al ’n paar dae die hoenners in maak:
1. In watter universe is Woollies gaar hoender ’n essential good? Huh? Of het ons die doel van inperking vergeet?
2. Is daar een stel reëls vir ryk, verveelde mense in die suburbs en ’n ander vir mense in townships? Of anders gestel, as die gogo op die straathoek nie haar walkie talkies mag verkoop nie, hoekom mag Woolworths hulle gaar produkte verkoop? Die inkomste is veel meer essential vir die gogo.
3. The law is a blunt instrument, nuh. Dit baat nie jy maak ’n reël, en dan begin jy uitsonderings maak vir dit, daai en die ander nie. In no time sit jy met ’n reël wat nie sin maak nie. As Woollies kan warm hoender verkoop, want jy is dan nou anyway in die winkel, dan moet Game mos TV's kan verkoop, want jy is dan anyway in die winkel. Maar kom ons hou by kos. As Woollies warm kos kan verkoop, solank jy nie sit nie, wat keer KFC en Steers-hulle om dit ook te doen. Of restaurante om take-aways te verkoop? Of hoekom kan drive-through plekke nie oop wees nie? (Hoor my lied: hierdie post gaan nie daaroor of ek dink die reël is reg nie, dit gaan oor konsekwente toepassing.)
Hier's ’n voorstel: ipv moan oor jou warm Woollies hoender, gebruik daai R80 of wat ookal, koop 6 brode en polony en gee dit vir iemand wat nie kos het nie. Sonder om ’n foto op FB te post waar jy jouself op die skouer klop. Of maak ’n skenking aan ’n NGO wat kos verskaf of werk met voedselsekuriteit.
In elk geval, check hoe toondoof jy oorkom wanneer jy sit en kla oor luxuries terwyl ander letterlik dood van die honger. Hou op kla!



Kommentaar
Bettina ek dink Woollieshoender word hier gebruik as 'n metafoor om politiek te praat.
Die mense wat Woollieshoender koop gee glad nie om dat dit nie meer verkoop mag word nie. Die "ryk verveelde mense in die townships" het stowe en mikrogolfoonde en hulle het genoeg geld om bestanddele te koop om self gaar te maak.
Dit is die oorgrote meerderheid werkersklas en arbeider wat iewers by 'n kettingwinkel of spasa moet inhardloop om sy dag se warm ete (dalk die enigste) te koop. Ek het al gestaan en kyk met hoeveel afwagting daardie stukkie warm gaar hoender of warm pap en sous in ontvangs geneem word.
Wat eet hulle nou? Brode en pienk polonie as jy jou sin kry. En daarop moet hulle jou vullis stiptelik verwyder; jou strate skoon hou; goedere op ver paaie aanry vir jou om weer te koop as die inperking verby is. Ens, ens.
Dit is nie die gegoede mense in townships wat hierdeur ly nie. Dit is die mense wat nie hét nie. Dít is die mense wat jy met 6 brode en polonie wil hou daar waar hulle is.
Mooi gesê Maryna!
Bettina, hou op kla oor mense wat kla - jy ken nie hulle omstandighede nie.
As ek so na die foto hierbo kyk, lyk dit of die tampans die hoendertjie al voor slagting opgevreet het.