Elders gesien: COVID-19 – hou mekaar veilig

  • 0

Foto: Canva.com

Ivor Price skryf op Facebook:

Geliefdes, ek wil nie die gesalfdes van die Here ontstig nie, maar ek kan ook nie soos ’n sub A-kind met my vinger op die lip sit nie! Ja, mens moenie in vrees lewe nie, maar ons moet ook nie dwaas en dom wees wanneer dit kom by maatreëls teen COVID-19 nie.

Ek kyk al ’n week na van die foto’s wat op Facebook verby kom van kerkdienste, sangmiddae en funksies. Dit gaan lekker! Die meeste dra lank nie meer maskers nie, en julle sing en juig tot die spoeg spat! (Ek proe nou skoon daai vreemde COVID-smaak vir julle onthalwe in my verhemelte!)

’Seblief, ek vra mooi. Die virus is hoogs aansteeklik. Doen die regte ding. Ons moet mekaar veilig hou.

Daarmee staan ek terug met ’n dankbare hart.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top