Elders gesien: Boeke is die oefenlokaal vir die verbeelding

  • 0

Daniël Lötter skryf op Facebook:

Vir die ouers wat dalk saans te moeg is, of te veel ander dinge het om aan aandag te gee sodat daar nie tyd is om ’n storie te lees vir die kleinspan nie en dit oorlaat aan die TV of tablet om hulle te stimuleer, hier is ’n belangrike gedagte om te oordink:

’n Geslag kinders wat grootword sonder om te leer om boeke te lees is nie alleen ’n geslag wat minder lees nie – dit is ’n geslag wat die vermoë tot empatie verloor. Boeke is nie bloot stories nie. Hulle is die oefenlokaal vir die verbeelding; om in iemand anders se lewe in te beweeg, iemand anders se hartseer, vreugde, vrees of uitdagings te leer verstaan. Boeke leer jou om begrip te hê vir emosies wat nie noodwendig jou eie is nie. Daarsonder, hoe moet jy dan leer om werklik om te gee vir mense wat nie presies soos jy is nie? Hoe vorm jy ’n wêreld waar jy ’n oomblik vertoef voordat jy oordeel, luister voordat jy reageer, verstaan voordat jy verwerp?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top