Ek verskil, Deon Opperman

  • 0

Wat maak julle met die wins van so ? show, Deon? Koop jy nog ? huis of gaan gee jy dit vir die armwittes in Walmer? Hoe lank gaan mense nog uit die “Afrikaner”-sentiment geld tap vir eie gewin? Al hoekom ek dit vra is dat ek twyfel in jou geloofoortuigings. Voel jy soos die boere gevoel het oor jou God? Het jy ? gap in die mark gesien? Vier jy geloftedag?

Sien my brief in ? frustrasie-konteks, ? frustrasie dat te veel goed ons nog meer distansieer van die mense van hierdie land, al die mense behalwe die wit “Afrikaner”.

Ek sien nou die dag ? teaterstuk by die Nelson Mandela Foundation oor die holistiese geskiedenis van die land. Wit akteur, swart man en een vroueakteur. In al die tale van die land is dit aangebied. Die show hardloop deur ons hele geskiedenis, wittes van die suide, die swartes van die noorde en die Khoisan wat eintlik die enigstes was wat alles verloor het. Toe kom die Britte, toe neem ons weer oor in 1948 en nou die “swartes”. Die Engelse het name verander, toe doen ons dit, nou doen hulle (die huidige regering) dit. Die show het ons almal laat lag vir mekaar en ons almal laat besef dat ons almal iewers ingedoen is.

As ek dink aan Bloedrivier, dan respekteer ek die geskiedenis; die Zoeloes wat gesterf het was ook pa’s en mense wat net ? land wou hê. Die tyd het aangebreek om eerder R4 miljoen te vat en die grootste nasieboumusiekspel te skryf wat ons almal opbou en balans bring in die land. Glo my, jou brief nooi geen swart of bruin of Indiër-persoon om te kom kyk nie. Nee, dis weereens ? laertrek van mense wat meer en meer naam maak as rassiste en dit vir hulleself moeiliker en moeiliker maak om gehoor te word. Ek kan dink Pallo Jordan gaan ons nou eers ? pit druk. Waar is ons brugbouers!?

Die De la Rey-dodemasker was ? historiese moment wat almal kon waardeer. Dit kon net sowel ? dodemasker van Shaka gewees het, dit is geskiedenis, maar dit is tyd dat ons by Stef Bos leer hoe ons hierdie land gaan laat werk. Hy sing:

Jy’s vir my nie jou verlede
jou sentiment
jou ossewa.
Jy’s vir my alleen die toekoms
JY VIR MY SUID-AFRIKA.
 

Met daai houding gaan ons soveel verder kom.

Hoe moet ek die volgende sinnetjie interpreteer: “Ons staan vandag teen die kranse vasgepen en weereens wapper die vlag van ? vreemde mag oor ons vryheid”?

Watter vlag? Die historiese Union Jack of die huidige Suid-Afrikaanse vlag?

Wie is die vreemde mag? Die swartes of die historiese Engelse?

As wat die Britte aan ons gedoen het, jou nou nog ontstel, moet jy dit daar hou. Jy kan nie die Anglo-Boereoorlog in konteks bring met vandag se situasie nie!

Jou boodskap drup van politieke pretensie. (Dis miskien bietjie wreed, maar dis hoe ek voel.)

Ek het nog steeds baie respek vir Sean Else. (Ek dink Sean is al gatvol vir my wat so verskil, maar ten minste bind tequila ons saam!) En vir jou, Deon, ek voel net dit is tyd om julle talente en geld aan meer brugbouprojekte te spandeer.

Ek werk aan die dag wat ek R4 miljoen kan spandeer aan my musiekblyspel – “Jy vir my, Suid-Afrika!”

Johrné van Huyssteen

? Suid-Afrikaner wat Afrikaans praat, met ? Boere-oupa en ? Britse oupa en ? paar oop spasies op my stamboom.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top