Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Smulkos deur Esther Malan

  • 0

LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke, uitgegee deur uitgewers wat LitNet ondersteun. Dié lusmakers verskyn op LitNet as eerste slukkies.


Esther Malan

Esther is Huisgenoot-, YOU- en Drum-tydskrifte se assistent-kosredakteur en was in 2017 aangewys as die Galliova-kosskrywer van die jaar.


Smulkos is ’n splinternuwe versameling uit Esther se gewilde Vat Vyfreeks wat elke week in Huisgenoot verskyn.

Die resepte wissel van geurige idees vir ontbyt, terte en pasteie, braai, hoender, straatkos, kaggelkos na vinnige en
gesonde slaaie. Watertand poedings en gebak bly ook nie agterweë nie.

Alles getoets in die Huisgenoot-toetskombuis wat verseker dat dit keer op keer werk.


Resep:

TAMATIE-ROOMHOENDER

Genoeg vir 4 mense  •  Voorbereidingstyd 5 minute  •   Gaarmaaktyd 30 minute

Hou altyd tamatiepasta in jou koskas vir vinnige maaltye soos dié. Die belangrikste is altyd om die balans tussen dié tamatie, suiker en sout reg te kry – sodra jy dit bemeester het sal enige tamatiedis sommer vinnig styg tot sterstatus!

4 hoenderborsfilette

sout en varsgemaalde peper 15 ml (1 e) olyfolie

15 ml (1 e) botter

2 knoffelhuisies, fyngekap 100 g tamatiepasta

250 ml (1 k) hoenderaftreksel 100 g kersietamaties

5 ml (1 t) suurlemoensap

15 ml (1 t) bruinsuiker

5 ml (1 t) mielieblom,

opgelos in 5 ml (1 t) water 250 ml (1 k) room

V I R VOO R S I T

vars basilieblare suurlemoenwiggies

1  Geur die hoenderborsies alkant met die sout en varsgemaalde peper. Verhit die olyfolie en botter in ’n diep pan en braai die filette tot goudbruin aan elke kant. Skep uit en hou eenkant.

2  Braai die knoffel en tamatiepasta ’n paar sekondes

in die pan. Voeg die aftreksel en 125 ml (½ k) water by en verhit tot kookpunt.

3  Sit die hoenderborsies weer terug in die pan en

prut 15–20 minute of tot gaar.

4  Voeg die kersietamaties, suurlemoensap, bruinsuiker en mielieblommengsel by. Roer goed en voeg die room by. Laat stadig prut totdat die sous verdik het; roer gereeld.

5  Geur met sout en varsgemaalde peper na smaak. Sprinkel vars basilieblare oor en sit voor saam met suurlemoenwiggies.

Vir ’n gesonder opsie, vervang die helfte van die room met natuurlike jogurt.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top