Die vader van die masker

  • 0

Google-doodle, 10 Maart 2021

 

Google het my vanoggend weer iets geleer. Soos dikwels gebeur, maar dié een is nogal oulik.

Wu weet wie die masker uitgedink het.

Dis ’n stelling. Nie ’n vraag nie. Wu weet. Hy het.

Wu Lien-teh is op 10 Maart 1879 in Maleisië gebore en het met ’n groot beurs in die VK, aan Cambridge, gaan studeer.

Hy het ’n PhD in medisyne verwerf en is terug Maleisië toe, waar die koloniale moondhede hom nie ’n hoë pos wou aanbied nie. Hy is dus China toe.

In 1910 het ’n dodelike plaag uitgebreek in Harbin, in China. Anders as met COVID-19, was die sterftekoers 99,9%. Dié bepaalde plaag, wat verwant is aan builepes, maar nie dieselfde is nie, word veroorsaak deur ’n bakterie, Y. pestis, nie ’n virus nie, wat die longe aantas en dan ’n erge longontsteking veroorsaak; baie soos COVID-19, maar veel erger.

Wu het besef dat die bakterieë deur die lug versprei word en het ’n masker van lap en gaas ontwerp om seker te maak dat hy, en ander, nie die bakterieë inasem nie.

Vandag se bekende N95-maskers is ’n direkte gevolg van Wu se ontwerp.

Lees meer oor Wu Lien-teh:

Hier is ’n bont versameling kiekies om Wu se verjaarsdag te vier.

Toast Coetzer met ’n N95-masker.

Robyn Lee Crocker s’n is pienk.

Maskers maak groepfoto’s uitdagend. Hier is Quinton Adams (middel) met ’n groep onderwysers.

Deon Meiring, rockster

Isabeau Botha, kommunikasiebeampte

Tasneem Chilwan, ’n naaswenner in die Arabies-Afrikaans-kompetisie, saam met Janine Brown, van die Afrikaanse  Taalmonument en -museum.

Mashi Sauls, ’n onderwyser

Jessica Smith, ’n operastudent

Jessica Rubidge, met ’n masker wat by haar hare pas

Elma de Vries, strydlustig

Lara Aucamp, digitale bemarker

Selfie, kaalvoet natuurlik!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top