Die spieëlkas, verslag twee deur Heilna du Plooy

  • 0

Die verhaal werk goed so, met spelende kinders in die eerste paragraaf. Die dialoog en die tydspronge tussen hede en verlede werk ook goed.

By twee paragrawe wat ek as sleutelparagrawe beskou, omdat die geheim van die spieëlkas daar openbaar gemaak word, lyk tog vir my asof daar iets skort. Regdeur die verhaal word elke stukkie inligting aangebied soos wat dit deur een van die karakters beleef of gesien of waargeneem is. Maar nie in die twee sleutelparagrawe nie (in geel gemerk op die ms). Dalk kan die skrywer in die beskrywing van die toneel van Lisbet voor die spieëlkas net weer na Siena verwys. Iets soos “Ou Siena het bly praat en ons het die stukkies aanmekaargelas.” En dan kom ou Siena se weergawe van die gebeure voor die spieëlkas.

In die slot van die verhaal gebeur dit weer. Die skrywer kan dit oorweeg om daardie inligting in die sterwende Lisbet se mond te plaas, soos wat dit hier onder gedoen word:

“Simon Venter,” gaan Mamme verder, “saans as de laaste vark loop lê het, het hy by my kooi kom inkruip. En julle twee het van die gelêery gekom,” sê sy.

My woorde was weg. Ek kyk na Venetia. Sy kyk na my. Toe gaan sit sy by Mamme se voete op die bed. Sit haar hand op Mamme se onderbeen. En sy sê: “Mamme moet nou ophou met daai storie. Dis óú goete. Begraaf saam met Simon en Pappe.”

Mamme sug. “Soms, as mevrou Claire weg was dorp toe, het Simon my sommer in sy huweliksbed beetgekry. Wat ek self agterna weer moes opmaak.”

Sy maak haar oë toe. “Loop nou, julle. Ek. Wil. Rus.”

Oorweeg gerus die voorstel, want die geloofwaardigheid van hierdie twee stukkies inligting is waarom die hele verhaal draai.

Verder dink ek die verhaal verloop vlot en oortuigend.

*

(Nota aan die leser: Du Plooy het ook aan elke skrywer ’n gemerkte weergawe van hulle verhaal gelewer. Dit is die weergawe wat nie geproeflees is nie. Loer oor haar skouer en laai die gemerkte weergawe hier af.)

Lees ook:

LitNet-slypskool Om te skryf: Die tweede weergawe van ons deelnemers se verhale

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top