Die "skop-en-donner"-mag

  • 0

Fotobron: Canva

Ken julle vi hulle? Ek sit en luiste na ’n video clip toe generaal Solly Shoke van die SADF praat oo die SADF wat pad toe gestuu wôt en hy sê toe: "When we come in we skop en donner ..."

Baie mense was gewarried toe hulle hoo dat die SADF pad toe gat kô. Baie het gevra wat sal hulle kan doen as hulle nie eens die mense op die Kaapse Vlaktes kon reg help toe hulle uitgestuu was om die oorlog tussen gangstes te stoppie. Ek myself was ’n bietjie bangerig, en die bietjie bang het meedere geraak na die video op social netwerk veskyn het van hoe ’n soldaat ’n man op die eeste dag van lockdown in die ronte "geskop en gedonner" het.

En toe sê ek: "Ja, hulle het reggemaak vi oorlog." En soes dit lyk is dit oorlog op die swart liggaam, nie soesie virus wattie ras raak sienie.

Die President het an die Mag vooskryf dat hulle mense moet "nudge" en "push" om die reëls te volg. Wat sê dit vi ôs? En is dit die regte manier om die saak te hanteer?

Mense is confused, deumekaa, mense is bang, en djy vewag mense moet sonne kos, en sonne ’n inkomste in hulle huise bly sonne dat djy hulle rêrig veduidelik hoekô en waarom, en sonne dat die gawement mense reg vooberei het met die basics. Hoe kan djy vewag sulke mense moet in hulle huise bly? Dit is bewyse hoe vê die gawement van ôs, die mense op die grond, af is. Hulle vestaan nie ôs reality nie.

Wat ek vêderie kan vestaanie, is met al die media wat daa is, hoekô was daa net nooit vetalings en captions beskikbaar gemaak gedurende die President se speeches nie? Hoekô moet die land van 13 tale wag om te vestaan wat gesê was? Hoekô kan hulle nie voorsiening maak dat siekere kanale gat voice-overs het in die veskillende tale nie? Maa dit wôt van mense vewag om te vestaan, en om die reëls van die lockdown te volg.

Daa is nou al ’n paa mense dood na die Mag mense "genudge" en "gepush" het. En nêrens praat die President gedurende sy speeches oo wat biesag is om te gebeerie deu die Mag wat hulle uitgestuuritie. Maa ôs moet luiste, en ôs moet die reëls volg.

Hoe kan ôs se leiers nie sien wat in anne lande, en in ôs eie, gebeerit toe die Mag ingestel was om mense te "nudge" en "push" nie? Ek dink hie an Rwanda, ek dink hie an Namibië, ek dink hie an apartheid, ek dink hie an Duitsland. Ek mien Miste President, maa djy is mos hoegs geleert, wil djy my sê djy het vegiet van ôs se geskiedenis?

Hoeveel van die mense wat deel is van die Mag is rêrig geskik om met mense te wêk? En ek praatie net van die SADF nie, ek praat van die polisie, en die metropolisie, die Mag wat ôs se strate en vi ôs oek police.

My hart briek toe ek ’n video op Facebook kyk van die law enforcement wat mense ront djaag in een van ôs se ghetto’s. Soes hulle ry issit net "Die ma se p...e" en "Die n...!" En hulle sien toe ’n man wat op pad was iewers. Wie sê nie daai man was op pad winkel toe om ’n brood te gat koep, of by iemand kos te gat vra, of iets soes dittie? En toe hy vi hulle sien toe haloep hy, wan hy wiet hulle issie daa om hom te helpie. Hulle stop die man toe na ’n gejagery. En hulle vra hom maa waantoe is hy op pad. Maa djy kan die vrees in daai man se oë sien. Hy sê hy’s op pad huis toe. Hulle sê toe hy moet loep, en toe die man wegloep sak die een officer af: "Daa pissie n...i hom nat!" As julle die video wil kyk, is dit hier beskikbaar. Ek mien wat van daai man se menswaardigheid? Ek mien hoe lank gat daai man nou moet liewe met daai trauma wat hulle hom deugemaakit? En hoeveel anne mense en gevalle wat ôsie van wiet of sienie?

Hoe is dit reg!? Is dit regtag hoe ôs mense in die ghetto’s en die townships se strate mien gedeal moet wôt? En dan dink mens an die annekant van die treinspoo. Die wit joggers op Sea Point paviljoen, en in Blouberg. Die equality en voorregte in die land wat net ’n paa beskerm, is soes ’n mes wat net dieper en dieper in mens se rig gestiek wôt. Die pyn is daa, maa djy kan dittie uithaalie. Die Coronavirus issie gewarried oo die kleu van ôs vellie. Maa een ding is weer eens clear in Suid Afrika: Die ligter jou vel en afhangend waa djy bly is die guidelines hoe die Mag met jou gat deal.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top