Die plaegeteisterde plek van Paarl
is vol knakke en knoeste
en in sinkhokkies met toegeplakte
vensters is vroueslaners wat
verbryselende trauma aan gesinne
toedien; slagoffers van verkrag
se fragmentariese harte húíl om te heel
fnuikend worstel met dié pyn.
Terwyl moordenaars
tot die tong gewapen is
en by hofverhore vlug op vryevoet
soos liggaampies ledig lê by die lykstoet
Paarl word met donkerte gedreig
en die môremaal van moordenaars
is die onskuldige vrou.
Lees ook



Kommentaar
Hierdie gedig maak oë oop, baie goed geskryf.