het begin met ’n square knot
onskuldig soos hasie-gaatjie
om die draaitjie
toe ’n butterfly jou mond uitglip
hier teen die einde het ek jou
ge-rolling hitch ge-prusik knot
ge-soft shackle ge-whoopie sling
ge-flemish flake en ge-windsor tie
spring gou deur
vasgekeer!
ek wou ’n vlindernet vleg om ons swerm te red
maar dié word toe ’n spinnerak
en ek die spinnekop wat wag


