terwyl ek gister vir jou wag, besef ek hoe leeg die tuin voel
ek plant toe ons sondagaand onder my venster daar
tussen klip nommer drie en die geutpyp wat probleme gee
met die hoop dat my arms om jou gewortel word
jou lippe op my gegrond word en
ons fluisterstemme van afterwards
water kry by die leliebos
vanaand kap my blindings teen die burglar bars en
ek ruik net grond en god en jou asem



Kommentaar
Ai, so mooi gesê maar die taalmengery is soos onkruid en bederf die mooi. Hou die taal-onkruide uit dat mens nie moet wegkyk nie.