Die effek van C-19

  • 21

Met oopkop mense sal C-19 nie soveel van ’n treinongeluk wees nie. Dit steek my dwars in die krop wanneer ek hoor van ’n motorkar-“ongeluk”. Daar is nie so iets soos ’n motor-“ongeluk” nie. Iemand het die wet oortree. Hoe kan misdadige optrede ’n ongeluk wees? (Dit is ’n botsing!) Asprisgeit is ’n f------p.

Mense luister nie, wees dan verseker – COVID-19 is op jou pad!

Hy/sy wil sy/haar hondjie laat wandel. Maar dis ’n geval van die halsbandjie eerder as die hondjie.

Dis nie die hondjie wat wil wandel nie.

Want kyk hier – hulle is myne en is moerse gelukkig!

Dink jy hulle wil gaan “walkies”?

En die nou die deesdae bevoordeelde ou Koos wat hier langsaan heimweë het oor verafgeleë leë strate, en jul almal wat ou Koos “opback” met sy asemrowende heimweë – ag hene!

Die arme bevoordeelde verveelde samelewing.

Ek is nie – daar is ander dinge om jou mee besig te hou, sou ek sê.

Soos een van hierdie skaakmatprobleme, uit Polgar se boek, vol van hulle. Is al by 703/5335 (wit om te skuif).

Gepaardgaande is ’n lekker Pinotage (soos almal van bewus is – suiwer Suid-Afrikaans) – ou Koos. ’n Aktiwiteit waaraan rustigheid inherent is.

En soos die “brandewyn-en-coke-squad” altoos sê – laat hy val waar hy wil – terloops Angus is moerse bevoordeeld, hy drink Blue Label Scots – teen R1 500 per 750 ml-bottel. Ag wat – hy kan mos. (Wonder of hy “opgestock” het.)

En sê die wetenskaplikes, die groot stede van die wêreld is gesonder, noudat daar ’n moerse afname in koolstofdioksied weens die lockdown is – wys jou net!

(Lees my aardverwarming-en-klimaatsverandering-bydrae van 2020-02-03 hier onder, waaraan ook Webvoet ’n uitstekende bydrae het.)

Huisbly groetnis,

Raed-na-Gael

Aardverwarming en klimaatsverandering

  • 21

Kommentaar

  • Die inperking is in sekere opsigte vir my baie voordelig. Ek rits nou baie minder rond. Ek spaar petrol, onderhoud en slytasie kostes. Ek het geen troeteldier nie, so ek hoef nie Wagter of Snippie in die straat af te loop sleep of gesleep te word nie. Ek doen goed wat ek op vrou se lys gelos het. Doen my geen skade nie. Sy "werk" nou ook van die huis af. Ons is nie onder mekaar se voete nie. Ek mis dit egter om uit te kom en sport te beoefen.

  • Beste Raed-na-Gael, Ek het ongelukkig nie opgestook nie; drink nou maar koffie - dit pas my sak wonderlik. Die skaakprobleem is beslis daardie glas kopseerwyn. My 10-jarige kleinkind het dit binne 'n minuut opgelos: skaakmat binne twee of drie skuiwe. Laat weet of jy daarmee sukkel, dan stuur ek jou die oplossing.

  • Vreemd hoe die media as noodsaaklik steeds mag aangaan soos normaal maar 'n motorwerktuigkundige word gearresteer as hy iemand gaan help? Vreemd wat deesdae as "noodsaaklik" geag word en wat nie? COVID-19 of 24 of wartookal is nog ' n virus terwyl 5000 mense per dag aan TB doodgaan. Dalk 'n goeie afleiding dink ek. want hier kom 'n suiwering wat selfs Hitler sal laat omdraai in sy graf.
    Hier gaan baie massas baie meer media-aandag nodig he as ooit tevore.

  • Onthou: dis nie net die lediges wat kan of moet of wil tuisbly nie. Dis die mees KRITIESE deel van wat jou en my samelewing vorm. Wat gaan oorbly na ons sg "vrye" media daarmee klaar is?
    'n Ekonomie wat verwoes is en wat oorhandig is aan juis diegene wat nie een enkele sent belasting betaal nie, want juis nou maak Zuma en Ramaphosa en kie stinkryk danksy die onwettige handel in, onder andere, sigarette, waaruit die Magiese, Wonderlike en ek dink Baie cool Staat (want ek verkoop ook die gemors), nou aktief juis diegene wat nie belasting betaal nie verryk. Wie gaan hoes? Die enkeling wat sy geld belê het, wat salaris trek en wat steeds dink ons media lieg nie. Die Pakistaner verkoop nou Stuyvesant teen R600 per karton en vat dit landuit. SASKO lewer slegs en uitsluitlik aan buitelanders want dit is nou kontanttransaksies. Jou eie mense is jou vyand. Vergeet van die Griek op die hoek wat sy geld hier spandeer het. Kyk uit vir Ramaphosa se vriende uit China ...

  • Angus,
    Ek’t nie gevra vir hulp nie, net gesê dis lekker rustig.
    Daar is ’n gesegde wat lui: “You are tough, but there are always somebody tougher than you”.
    So, indien ek dit moet glo dat jou 10-jarige-kleinkind die oplossing binne een minuut sou kry, sal ek aanvaar dat hy ’n redelike “rating” moet hê, wat jy nie verskaf nie (Nou gaan jy seker eers “rating” google).
    Wit sê eers volgende skuif is die steutel. Kombuisskaak is nie my ding nie, (die heen en weer gevattery en plasing van stukke werk nie. Jy moet eers die skuif bedink, daar’s nie ’n soos “Ag, sorry” nie. In kompetisie skaak sê ons “touch move”) ’n derde skuif sê jy? Met jou bewering behoort jou kleinkind die skole skaakspan en dalk die provinsiale span te haal.

    Raed-na-Gael (Gewese speler van formaat, provinsiale skole en nasionale medalje-wenner, afrigter)

  • Oester
    Die media, die liberale humaniste by uitstek van die wêreld, ag mos hulself as die gemeenskap se rigtingaanwysers. Hulle skryf en praat nie oor nuusgebeure wat nie hul agenda komplimenteer nie, en vertel vir almal watter rigting volgens hul ingeslaan moet word, wat die nuus van môre moet wees, watter nuus moet gebeur. Hulle sê vir jou wat jy moet dink en doen. Ons ekonomie is ’n totale rommelwerf.
    Die finansies minister mag by die BRICS-Bank gaan leen, maar is ’n “delinquent” indien hy daaraan sou dink om die Westerse IMF te nader omdat die “kapitaliste sal oorneem”. Die kommunistiese stelsels het wêreldwyd moer gesien, maar word dit steeds aangehang. Daar is deur die media geen robuuste geskrywery en gepratery wat die staat se huidige finansiële bestuur daagliks ernstig bevraagteken nie. Nie sedert ’94 nie. Die grondvat sonder vergoeding is kommunisties – die staat besit alles. Die “media/press” is ’n drukgroep, die propaganda-arm, skryf en praat so, of jy kry geen advertensies nie.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Oester
    Ons gewone ouens rook daai sigarette waaroor almal huil.
    Wat my pla, is dat Grondwet se menseregte nou dmv regulasies verander en ingeperk is.
    Die media dryf infodemie in sg. grendelstaat, demokrasie. In 2019 is ongeveer 10 000 mense dood aan gewone griep. Daaroor was daar geen infodemie in media nie. Op gewone Paasnaweek sterf daar gemiddeld 1 000 mense in SA.
    Grendelstaat bied reuse verskoning aan ploeterkrate vir gemors waarin hul land laat beland het, wat ons gewone sterflinge aan ons agterente voel met belaglike inperkinge.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Raed-na-gael en Oester
    Ons ou rokers kry maklik opdrag, hou op en vat die onttrekkingsimptome. Besef mense die omvang hiervan?
    Dis ’n biljoen-rand-industrie wat gevoelige finansiële verlies ly, met werkverlies vir duisende en groot belastinginkomste verlies vir staatskas.
    Minder voete deur Oester se winkel, selfs slegte nadraai vir sy inkomste en kontantvloei.

  • Beste Raed-na-Gael, nou toe, Gewese speler van formaat, provinsiale skole en nasionale medalje-wenner, afrigter, kyk of jy ten minste 'n tienjarige se gelyke is. Wat is wit se skuif wat lei tot 'n tweeskuif of drieskuif skaakmat? Noteer sommer beide. Eintlik is dit vrek maklik. My kleinkind speel nou al twee weke skaak, en het nie 'n "rating" vir die oplossing nodig nie.

  • Raed-na-Gael, Jammer, maar dan het my tienjarige kleinkind jou geklop.
    Wit se skuif is: Toring na Loper 4.

  • 1. R-B4.......QxR 2. Q-K6 mat.
    1. R-B4.......Q-B6 2. Qxp mat
    1. R-B4.......KxR 2. Q-B4 mat ens., ens.

  • Angus,
    Ek het 'n ernstige probleem met jou notering. Besoek Wikipedia - skaaknotering en jy sal die manier daar kry. Ek kan nie hierbo uitmaak wat jy bedoel nie.
    Jy't gesê die wit toring skuif, maar nie waarheen nie. Ek moes dit uit jou uittrek en nou is ek nie seker wat jy hierbo sê nie. Ek verstaan nie 'Toring na Loper 4' nie. Die Loper in Engels is die Bishop. Indien dit Tf4 (of in Engels Rf4) is, dan is dit korrek, en soos jy sê nie veel van 'n toets nie. In Afrikaans is die Q die Dame (D met hoofletter)
    Lekker speel.

  • Ken jy nie die Forsythnotering nie? Dan sal ek maar 'n ander een gee.
    Wit Toring by f7 skuif na f4.
    Wat swart se skuif ookal is, wit se skuif is skaakmat.
    Of Wit T-f4 sleutelskuif.

  • Ag man ...
    Google tog: Official chess notation/Algebraic notation.
    Die Engelse forsyth is al in die 1980’s verwerp. Dis te omslagtig om te noteer. Hoe oud is jy dan?
    Hieronder is die eerste 4 skuiwe van die Ruy Lopez opening: Oefen dit en leer sommer jou kleinkind van die begin af die regte/amptelike noteringswyse. Hy sal dit nodig hê indien hy verder wil ontwikkel en skaakboeke wil bekom.
    Variasie A | Variasie B
    Wit | Swart
    1. e4 | e5
    2. Nf3 | Nc6
    3. Bb5 | e6
    4. Ba4 | d6
    Nota: Pione/pawns word nie met P aangedui nie, slegs die vertikale ry en waar hulle horisontaal heen skuif.
    Nou weer: die Nf3 is swart se alternatiewe, variasie B skuif in plaas van d6.
    Nou weer alweer: Negeer hierbo 4... Die Nf6 is swart se alternatiewe, variasie B skuif in plaas van d6 (nie Nf3 nie).
    Onthou, die witblok is altyd aan die regterkant onder.
    Ek sluit hiermee.

  • Beste Raed-na-Gael,
    Enige skaakspeler wat sy sout werd is, sal ook die Forsyth verstaan.
    Nou maar goed dan behoort jy die sleutelskuif te verstaan: Rf4.
    Moenie nou probeer wegskram daarvan nie.

  • Beste Raed-na-Gael, hoe ver trek jy al met jou skaakprobleme? Nr. 716 is nogal interessant. Het jy al die oplossing gekry? Wit skuif is met die Q.

  • Webvoet, dankie.
    Flaffie het nou 'n ding om sy bek tydens sy "walkies", maar dink jy nie hy behoort ook 'n voet "lappie" aan te hê nie. Die virus land moes op die grond, Flaffie lek orals en daar's dit - Flaffie het die virus gecontract en besoedel mammie.
    Herinner my aan ons Grootstaatsman vir die karre, skepe, treine en taxi's, wat, terwyl hy kaal hande beduie, orals aan sy gesig vat om aanhoudend die masker te verskuif, oplig, trek en pluk, bril verplaas, anders plaas, verskuif en sodoende orals om en aan sy gesig met potensieël "bemette" hande kriewel. Die WHO sê die steutel is jou hande ... en afstand.

  • Angus, twee dinge:

    Eerstens - dis van nul en gener waarde indien iemand jou die skuif wys nie. Jy moet dit self oplos, sonder om, soos ek alreeds gesê het, die stukke heen en weer te plaas, jy moet skuif bedink. Tweedens - hoe weet ek jý het die skuif gedoen en nie jou kleinkind nie?

    Ek gaan regtig nie met jou skaak oor die Sê speel nie, leer jy eerder jou kleinkind die regte en korrekte manier van die spel, bemerk dat jy ook Polgar se boek aangeskaf het. Om skaak te kan lees moet jy immers die amptelike skryfwyse ken.

    Ek het, anders as jy, my nederige baadjie aangetrek, en heel in die begin gesê "gewese", maar ene Angus nie - hy trek sy grootdoenerige verslete baadjie aan.

    (Terloops, ek het teruggeblaai en gesien jy is reg - maar die oplossing word ook agter in die boek verskaf!)

    Groetnis.

  • Skuus tog! ek wou nie jou nekhare so laat rys nie. Ek het maar net Kindle se sample; dus geen antwoorde agter nie. Eintlik is ek maar net jaloers op daardie mooi skaakbord van jou.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top