Die broer toer – kom saam op ’n avontuur

  • 0

Drie broers, drie motorfietse, geen lisensies, een groot avontuur – welkom by Die broer toer.

Op Donderdag 10 September om 21:00 kan kykers inskakel vir die loodsepisode van Die broer toer op kykNET (DStv-kanaal 144), met Bennie Fourie en sy twee broers.

Bennie Fourie is bekend as akteur, regisseur en skrywer, maar hy en sy broers, Reynold en Wilbrie, is ook bekend vir hul legendariese avonture. Selfs met die eise wat die grootmenswêreld stel en hul verantwoordelikhede wat hulle in teenoorgestelde rigtings dryf, vind hulle steeds tyd om saam avonture aan te pak.

“Ons hou van remote toer en kamp. Omtrent een keer ’n jaar gaan ons saam op ’n avontuur. Of dit nou is om Botswana in te vaar of op die Oranjerivier te gaan roei – ons hou daarvan om ‘anderste’ tipe vakansies te hou,” vertel Bennie. 

Alhoewel hulle soos dag en nag verskil, is daar een ding wat hulle in gemeen het – hulle sê nooit nee vir ’n uitdaging nie. En, met hul volgende uitdaging gaan hulle behoorlik getoets word, want hierdie keer doen hulle dinge anders. Gewoonlik beplan Reynold en Wilbrie die avonture, maar hierdie keer gaan Bennie die avontuur beplan.

Vir die loodsepisode van Die broers toer pak die drie broers die Tankwa-Karoo aan op motorfietse. Bennie maak seker daar is heelwat uitdagings – kompetisie is al van kleins af ’n primêre bron van vermaak van hulle, met die wenner wat beloon word en die verloorders wat gepenaliseer word. Dié familietradisie is ’n groot deel van hierdie avontuur – die pad is lank en die luukshede is min. So, wanneer dit kom by belonings, is daar baie op die spel…

Kykers sal dadelik van Bennie se twee broers, Reynold en Wilbrie, hou. “Reynold, ’n dominee soos ons pa, is by verre die lieflikste, niceste mens in die wêreld en game vir alles,” vertel Bennie. “Wilbrie is die stoutgat en lewe van die partytjie – as hy sê ons moet ’n opblaasbootjie koop en in die see sit, dan doen ons dit – hy sal ons nie uitlos as ons dit nie doen nie.”

“Ons het besluit om die Tankwa aan te pak vir Die broer toer-lootsepisode sodat kykers ’n idee kan kry van hoe ons avonture gewoonlik lyk. Indien die loodsepisode suksesvol is, beoog ons om ’n selfs groter avontuur aan te pak,” vertel Bennie.

Vir die broers is dit belangrik om bymekaar te kom en saam herinneringe te maak. “Ons wil vir mense wys dat dit maklik en lekker is om sulke avonture aan te pak – dit hoef ook nie ’n arm en ’n been te kos nie,” sê hy. “Daar is ’n lekker balans tussen stout en snaaks, maar dis ook familievriendelik – dis ’n episode met hart wat hopelik kykers sal aanmoedig om meer goed saam te doen.”

  • Skakel Donderdag 10 September 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) in vir die loodsepisode van Die broer toer.

.............

Die broer toer – join the adventure

Three brothers, three bikes, no licenses, one big adventure – all the ingredients for Die broer toer.

On Thursday 10 September 21:00 viewers can tune in on kykNET (DStv channel 144) for the pilot episode of Die broer toer, with Bennie Fourie and his two brothers.

Actor Bennie Fourie is famous for being funny, but he and his brothers, Reynold and Wilbrie, are also well-known for their legendary road trips. From road tripping in a souped-up Nissan Sani at university to hiking trails with the family – if there’s a road, they’ll take it. Even as the demands of adulthood pull Bennie, Reynold and Wilbrie in opposite directions, they always manage to find time for one more trip.

“We love to tour to remote parts. About once a year we go on an adventure together. Whether its touring Botswana or canoeing on the Orange river – we like alternative types of holidays,” Bennie says.

If there is one thing the three brothers have in common (and it really is only the one thing), it’s not walking away from a challenge. And their next epic journey is sure to test all three because this time around they’re doing things differently. Instead of Reynold and Wilbrie taking the lead, as they usually do, Bennie is responsible for putting the whole trip together, while his brothers will have to accept the challenge of letting go.

The three brothers chose to explore the Tankwa Karoo on motorbikes for the pilot episode of Die broers toer. Competition has always been their primary source of entertainment, from the made-up games they played on the smallholding where they grew up to the made-up games at university where they didn’t grow up. Create a game and play it. The winner gets a reward and the loser is penalised. This family tradition is a crucial part of the trip because the road is long and the comforts few. So, when it comes to rewards and penalties, the stakes are sky high.

Viewers will instantly like Bennie’s brothers, Reynold and Wilbrie. “Reynold is by far the nicest person on earth and always game to try something,” Bennie says. “Wilbrie is the naughty one and always the life of the party – if he says we must buy a rubber boat and launch it at sea, we do it, because he won’t leave us alone until we do it.”

The brothers decided to take a trip through the Tankwa for the launch episode so that viewers can see what their adventures are usually like. If the launch episode is successful we are planning on tackling an even bigger adventure.”

  • Tune in Thursday 10 September 21:00 on kykNET (DStv channel 144) for the pilot episode of Die broer toer.
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top