Die bekendstelling van Joanita Erasmus-Alt en HP van Coller se boek Blitsverkopers, beeldvorming en bemarking

  • 1

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, in samewerking met die Vriende van NALN-vereniging, nooi u hiermee hartlik uit na die bekendstelling van Joanita Erasmus-Alt en HP van Coller se boek Blitsverkopers, beeldvorming en bemarking (SunBonani Media), op Donderdag, 24 Februarie 2022, om 17:30, by NALN.

Prof. Anthea van Jaarsveld sal die gesprek lei.

Watter faktore dra daartoe by dat ’n literêre werk suksesvol is en selfs as ’n blitsverkoper bestempel kan word? Is dit die literêre gehalte daarvan; die sogenaamde intrinsieke eienskappe soos komposisie, struktuur of meerduidigheid; kortom “the amount and diversity of material integrated” in die woorde van Wellek en Warren? Of kan sukses toegeskryf word aan suksesvolle bemarking; die skrywer se “postuur” en selfposisionering; én aan die wyse waarop die motiewe en tema van die boek aansluit by heersende diskoerse? In hierdie baanbrekerswerk val die klem op laasgenoemde, naamlik die sogenaamde ekstrinsieke aspekte. ’n Boek met waardevolle insigte vir veral uitgewers, bemarkers en letterkundiges.

RSVP teen 21 Februarie by joanitaerasmusalt@gmail.com óf 082 886 1888.

Ná die onderhoud sal daar geleentheid wees vir vrae, waarná daar ’n glasie wyn bedien sal word.

Covid-regulasies sal geld.

Parkering is beskikbaar langs die NALN-gebou uit Miriam Makebastraat.

  • 1

Kommentaar

  • JOHAN COETZEE

    Hierdie boek is iets om na uit te sien. Die onderwerp en boek verdien baie aandag en ek hoop dit sal 'n gesonde debat ontlok.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top