De  vruchten mijner werkzaamheden deur MD Teenstra: herdruk beskikbaar

  • 0

Foto van MD Teenstra: https://en.wikipedia.org/wiki/Marten_Douwes_Teenstra#/media/File:Marten_Douwes_Teenstra.jpg

MD Teenstra se fassinerende  reisverslag, De  vruchten mijner werkzaamheden, gedurende mijne reize over de Kaap de Goede Hoop, naar Java en terug, over St Helena, naar de Nederlanden (1830), wat in 1943 deur die Van Riebeeck-Vereniging uitgegee is, is op aanvraag pas herdruk. Vir mense wat belangstel in die geskiedenis van Afrikaans is die publikasie van besondere belang, want dit sluit Teenstra se weergawe in van sy gesprek met ’n Caledonse boer en sy vrou, tesame met sy kommentaar op die vervormde Nederlands wat aan die Kaap gepraat word. Die publikasie bevat ook ’n indringende taalkundige beskouing deur JLM Franken oor die Afrikaanse gesprek. Die samespraak is een van die heel oudste geskrifte in Afrikaans. Die herdruk kos R235 vir lede van HiPSA (Historiese Publikasies Suider-Afrika, vroeër die Van Riebeeck-Vereniging) plus R50 posgeld. Vir nie-lede van HiPSA is die prys R285 plus R50 posgeld. Dit kan bestel word deur 'n e-pos te stuur (office@hipsa.org.za) of te bel (021-4238424, Woensdae en Vrydae, 10:30–1:30).

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top