Clover Aardklop: Onherroepelik van Gert Vlok Nel bekendgestel

  • 1

 

Gert Vlok Nel se nuwe CD word by Aardklop bekendgestel. Hier is besonderhede van die geleentheid en 'n paar foto's van Gert Vlok Nel by 'n onlangse konsert (foto's geneem deur Izak de Vries).

Hoewel Gert Vlok Nel so Suid-Afrikaans soos sonskyn in die Karoo of sagte reën op die Tuinroete is, toer hy die afgelope klompie jare baie meer in die buiteland. Sy werk word in sekere Nederlandse kringe vergelyk met dié van Bob Dylan.

Met een album en een digbundel het hy hoogtes bereik waarvan die meeste Afrikaanse kunstenaars slegs kan droom. Nou, veertien jaar en baie internasionale toere later, is die tyd reg vir sy lang verwagte opvolgalbum. Wees deel van ’n intieme produksie met topmusikante Schalk Joubert (baskitaar), Vernon Swart (tromme), Albert Frost (kitaar), Laurinda Hofmeyr (klawers en sang) en Nicole Holm (sang) en word weggevoer deur die bittersoet lirieke.

Slegs een aand by Clover Aardklop. Daar is net 300 plekke beskikbaar. Bespreek nou! Hoër Volkskool – 75 minute – R250 – 6 Oktober – 20:00.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top