Christene wat uit vrees vir die hel god aanbid, eerder as liefde vir Jesus

  • 5

Volgens my waarneming, val FC Boot binne hierdie kategorie van onchristenskap, weens die feit dat  sy aanmaning, veral teenoor ateïste, is dat hulle moet KIES of hulle hemel of hel toe wil gaan, eerder as om ‘n ware liefde vir Jesus, soos van ’n Christen verwag word, vir die mensdom uit te beeld.  “Hulle (valse christene) sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie ... bly weg van sulke mense ... mense (oa oppervlakkige ouderlinge) wat in die verstand VERWARD is, en in die geloof ’n mislukking. 2 Tim 3:5 en 8.   (Lees FC Boot se verskeie response in https://www.litnet.co.za/die-bybel-en-ewolusie/#comment-78849 ter stawing hiervan.

 Met FC Boot se beheptheid met hel, is sy vereiste dat alvorens hy verdere evangelisasie van hierdie ateïs, dws ek,  verder wil doen, sê hy: “Kry dus nou eers die begrip 'hemel' en 'hel' onder die knie en dan vorder ons dalk in hierdie gesprek”.   Ek vra hom: “Wees so vriendelik om vir my en die leser in te lig wat jou siening oor die onderwerp is.”  Sy respons was twee tekste vanuit Johannes gekwoteer waarvan die eerste meld dat Jesus vanaf die begin ontstaan het, en die tweede dat Jesus sy volk gaan haal om saam met hom in die hemel te wees.  Verder is daar geen insae ivm die BEGRIP van die hemel of die hel deur hom uitgelig nie.  Maw ek en die leser het steeds nie ’n BEGRIP wat hemel en hel behels volgens sy siening nie.  Om te sê dat Jesus in die hemel is en die Satan in die hel, en dat die “twee aparte en onoorbrugbare dimensie(s)” is, sê niks ivm met hemel en hel nie.  Die ironie is dat hy vanuit Johannes kwoteer, ‘n boek wat hy as onbetroubaar voorhou, dus geensins gesaghebbend volgens hom nie, want hy sê: “Teen 95 nC is Johannes se Evangelie finaal geskryf.” Die Evangelie is dus ongeveer byna ’n 100 jaar na Christus se dood voltooi. Oor ‘n 100 jaar gebeur daar baie dinge en verander omstandighede.” (Dus weens hierdie stelling, kon die apostel Johannes onmoontlik die boek geskryf het, gesien dat die apostel dekades voor hierdie tyd oorlede was).  https://www.litnet.co.za/brief-johannes-546-47/).  Dit sal vir die leser die moeite werd wees om hierdie skakel te lees om al FC Boot se verwarrende en weersprekende response daarin waar te neem.

 Volgens die Bybel moet die gesindheid van die ware Christen wees: “dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was.” Fil 2:5. Nie 'n sarsie beledigings rondstrooi soos dit sy gewoonte is nie.

 

  • 5

Kommentaar

  • Beste Jaco
    Beledigings rondstrooi sê jy. Is jy dan nie die een wat gedreig het met 'n uitklophou?
    Nee Jaco jy is die een wat lees en nie verstaan nie. Ek herhaal my laaste antwoord aan Angus.
    Ek los jou met 'n uittreksel uit:
    Alle Paaie lei na Jesus: Jesus Christus
    Alle Paaie lei na Jesus: Jesus Christus – Adrio König
    4.12 Jesus Christus
    4.12.1 Skepper
    Daar het ’n baie algemene oortuiging onder Christene posgevat dat Jesus “net die Skeppingsmiddelaar is”. Dit sou dan iets minder beteken as Skepper. Hy sou maar net die instrument wees deur Wie God alles geskep het, sodat net God die Vader die Skepper in eintlike sin is.
    Dit is egter nie die volle verhaal nie. Christus word bely as Skepper op presies dieselfde vlak as die Vader. In Johannes 1:1-3 verwys Johannes doelbewus terug na Genesis 1 waar God die Skepper is. Maar Johannes pas dit direk op die Woord toe. En hy beklemtoon dat Hy Skepper is: “Alles het deur Hom tot stand gekom; ja, nie een enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.” Verder aan in dieselfde lied herhaal hy dit: “die wêreld het deur Hom tot stand gekom” (1:10).
    Ook Paulus plaas Hom langs die Vader in sy belydenis: “Een God: die Vader, uit wie alles is … en een Here: Jesus Christus, deur wie alles bestaan” (1 Kor 8:6). In Openbaring 3:14 is ’n effens moeiliker uitspraak. Vroeër is vertaal dat Jesus “die begin van die skepping van God” is. Die Grieks verwys egter skynbaar na ’n veroorsakende begin sodat ’n mens kan vertaal: “Die Een wat die skepping begin het” of “die Oorsprong van die skepping” (NLV). Dit is ook wat ons in Kolossense 1:16 kry: “Want in Hom is alle dinge geskape … alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape” (1953).
    Die alles Angus sluit ook die natuurlike prosesse in waardeur die mens tot stand gekom, dus ook die evolusionêre proses en so word die onlogika dan logies."
    Die teksverse is duidelik: "Alles het deur Hom tot stand gekom; ja, nie een enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie." en "Een God: die Vader, uit wie alles is … en een Here: Jesus Christus, deur wie alles bestaan." Dus ook Jupiter se mane en al die ander goed wat nog nie ontdek is nie.
    Wat moet ons as Christene nou hiervan aflei? Daar kan net een korrekte afleiding wees. Christus het bestaan voordat alles tot stand gekom. Christus is die Oorsaak en die 'alles' die gevolg van wat ons in menslike terme beskryf Sy 'skeppingskrag'.
    Oorsaak kom altyd voor gevolg. As jy dit wil omdraai is jy vry om dit te doen.
    Christus het dus bestaan voordat ons heelal tot stand gekom het, Hieruit moet ook logies volg dat Christus se woonplek, waarna ons verwys as 'hemel' buite ons heelal lê en nie deel van die skepping is nie.
    Dit is dus in 'n ander dimensie 'n tydloos, 'n oneindigheid waarin Christus oneindig bestaan het. 'n Oneindigheid is nie iets wat word nie, dit is net. Daarom is ons heelal nie oneindig nie want dit word groter, dinge dryf al verder uitmekaar, soos die maan wat jaarliks 2 sentimeter verder van die aarde af beweeg. Ons heelal het 'n begin dus ook 'n einde.
    Christus as die Oorsaak waardeur alles in ons heelal ontstaan het, is nie geskep nie
    maar bestaan oneindig, onbegrens vir ewig en altyd in 'n oneindigheid. Sy woning is
    in 'n oneindigheid, myne en alle lesers s'n in 'n eindigheid want ons heelal het 'n leeftyd
    deur Christus bepaal.
    As ek dan weet waar Christus woon dan is dit nie moeilik om vas te stel waar die Vader van alle leuens se eindplek is.
    Jaco eindig met " Nie 'n sarsie beledigings rondstrooi soos dit sy gewoonte is nie."
    Waarop ek sê as die skoen jou pas trek hom aan Jaco.

  • Beste Jaco
    Jy bly maar 'n meesterlike woordverdraaier.
    Kom ons kyk wat het die Apostel Johannes gedoen. Hy was een van die Apostels wat nie 'n gewelddadige dood gesterf het nie. Hy is wat vasgestel kon word in die ouderdom 95 oorlede.
    Wat het hy geskryf.
    Die evangelie van Johannes. Dit bereik sy finale formaat in 90 nC. Sy briewe wat daarmee saam gelees moet word word geskryf tussen 90 en 95 nC asook die boek Openbaringe.
    Nou waar kom jy daaraan dat die Apostel dekades voor die tyd oorlede is? Verstaan jy
    as ek sê byna 'n 100 jaar nC of is 95 nie vir jou byna 'n 100 jaar nie. Johannes die Doper is tydens Jesus se lewe tereggestel.

  • FC Boot
    "Through a variety of other time indicators, we can be relatively confident that the one called Messiah was born in either late 5 or early 4 B.C." (dws vier jaar voor die jaar 1nC.) https://bible.org/article/birth-jesus-christ.
    Mbt tot die boek Johannes skryf jy soos hierbo aangehaal:
    (1) In die eerste plek sê jy: “Teen 95 nC is Johannes se Evangelie finaal geskryf.” Dit beteken dat Johannes nie later as die jaar 1nC gebore moes wees, wat hom 95 jaar oud sou maak om die boek klaar te skrywe. (heel onwaarskynlik). Enige later geboortedatum sou hom steeds ouer gemaak het.
    (2) Tweedens skryf jy: "Die Evangelie is dus ongeveer byna ’n 100 jaar NA Christus se dood voltooi. Oor ’n 100 jaar gebeur daar baie dinge en verander omstandighede.” Dws 100 jaar na Christus se dood op die geskatte ouderdom van 30, wat die afhandeling van Johannes dan in die jaar 130nC sou beteken.
    Aangesien die afsterwedatum van Johannes geensins bepaal kan word nie, is spekulasie aan jou kant geensins 'n bewysbare indikasie dat Johannes wel die evangelie kon geskryf het nie. In elk geval jou aanhalings is aanduidend dat jy ten tye 5 Jan 15, nie geglo dat Johannes die boek geskryf het nie.
    "The Bible only mentions the deaths of two apostles, James who was put to death by Herod Agrippa I in 44 AD and Judas Iscariot who committed suicide shortly after the death of Christ. The details of the deaths of three of the apostles (John, the Beloved, Bartholomew and Simon the Canaanite) are not known at all, either by tradition or early historians." http://amazingbibletimeline.com/bible_questions/q6_apostles_die/
    Jy is besig om met hierdie geval bont te spring. Eers voor te gee (5 Jan 15) dat Johannes NIE die evangelie geskryf het nie, en nou dat hy wel dit in die jaar 95 klaar geskryf het.

  • FC Boot
    Ek herhaal. “Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie ... BLY WEG VAN SULKE MENSE ... mense wat in die verstand VERWARD is, en in die geloof ’n MISLUKKING. 2 Tim 3:5 en 8." Beslis op jou van toepassing!
    In jou respons 6/6/16 hierbo, om op te som, sê jy:
    1. Alle paaie lei na Jesus, en kwoteer jy vanuit Johannes wat jy in 'n respons gedateer 5/1/15 die outeurskap van Johannes bevraagteken het en in ander response omtrent al die ander boeke, behalwe die 10 gebooie, as godgegewe ook bevraagteken het.
    2. Wei jy uit oor jou troetelweergawe van die skeppingsverhaal, welke troetelverhaal jy nie Bybels kan staaf nie, maar spekulatief afleidings oor maak. In elk geval was die skeppingsverhaal geensins deel van die onderwerp onder bespreking nie.
    3. Dan ook 'n persoonlike troetelweergawe mbt die hemel, welke weergawe suiwer spekulatief en nie Bybels gestaaf kan word nie. Die Bybeltekste deur jou aangehaal, ondersteun glad nie hierdie troetelweergawe van die hemel nie.
    En om af te sluit wat ek weer herhaal, nl: “dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was.” Fil 2:5. Hierin ontbreek jy ook.

  • Wow Jaco - jy het soveel saad in jou siel? Wens ek kan die voorreg smaak om te sien die dag as jou gees deur wedergeboorte moet gaan ... ! (Joh 3:3)

    Ek ondersteun jou siening dat Jesus "liefde" is. Die mens se skeppingsdoel is 'n liefdesverhouding met God. Punt. Geen werke, slimfeite, wetenskap of korrelkop-redenasies sal God se liefde vir sy maaksel verander nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top