LitNet Akademies (Regte)
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van ’n juridiese aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Regte) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Regte-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word, en R6 000 per nuwe gekeurde vonnisbespreking of aantekening.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Regte-redakteur Johann Neethling E-pos: neethlingj@ufs.ac.za Bioskets |
Skoonlief en die ondier: ’n Ondersoek na die nut van aanlyn bemiddeling in gesinsgeskille in Suid-Afrika
2017-05-18"Tegnologie kan ’n mens se lewe wel makliker maak en ’n mens in kontak bring met persone wat hul andersins nie sou kon bereik nie, maar dit sou ’n wanvoorstelling wees om te beweer dat tegnologie altyd alles verbeter."
Vonnisbespreking: Die regspraak bevestig die gedingsvatbaarheid van afrokkeling as iniuria
2017-04-27"Alhoewel dit vasstaan dat afrokkeling ’n selfstandige skuldoorsaak uitmaak, het die howe hulle nog selde uitgelaat oor die vraag of dié optrede ’n iniuria daarstel, wat omskryf word as die onregmatige en opsetlike aantasting van ’n persoonlikheidsbelang."
Vonnisbespreking: Swembaddens, visdamme, ander waterpoele en kinderslagoffers – deliktuele aanspreeklikheid
2017-04-20"Desnietemin rus die primêre verantwoordelikheid vir die veiligheid van kinders op hul ouers. Dit is hul plig om toe te sien dat hul kinders nie alleen ronddwaal op persele waar gevare skuil nie, al is dit net vir ’n baie kort tydjie."
Vonnisbespreking: Bemoeiing met ’n uitsluitende kontraktuele verhouding getroef deur vrye mededinging
2017-03-23Johann Neethling en Johan Potgieter bespreek vier sake waarin beweer is dat Masstores ’n delik gepleeg het deur bemoeiing met die uitsluitende ooreenkoms tussen ’n voedselkleinhandelaar (Pick n Pay of Shoprite Checkers) en die eienaar of verhuurder van ’n winkelsentrum ingevolge waarvan die voedselhandelaar die eksklusiewe reg gehad het om voedsel in die sentrum te verkoop.
Herstellende geregtigheid in gevalle van seksuele oortredings en die uitsprake van die hoogste hof van appèl in DPP v Thabethe en Seedat v S
2017-02-17"Ons sien in afwagting uit na die eerste geleentheid waar die hoogste hof van appèl wegbeweeg van sy straf- en gemeenskapsbenadering na ’n ware slagofferbemagtiging en na heling."
Die Suid-Afrikaanse regering se agteruitgang in sy benadering tot die beskerming teen internasionale mense- en humanitêre regsvergrype met verwysing na Suid-Afrika se onttrekking uit die Internasionale Strafhof, die moratorium op die tribunaal van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) en die realistiese kans op die vestiging van ’n houdbare permanente Afrika-strafhof
2017-02-07"Dit is onwaarskynlik dat die land ’n verdrag sou sluit én wetgewing sou uitvaardig sonder om van sy gepaardgaande nasionale en internasionale verpligtinge bewus te wees."
Vonnisbespreking: Die (ongegronde) grondslag vir die klassifisering en werking van retensieregte in die Suid-Afrikaanse reg
2017-01-26"Dit is so dat ’n retensiereg altyd beheer vereis, maar daar moet in gedagte gehou word dat ’n skuldeiser wat sy stilswyende hipoteek uitoefen, ook in beheer van die saak kan wees, alhoewel dit nie ’n vereiste vir die vestiging van die hipoteek is nie."
Vergoedingsboetes in strafregtelike verrigtinge – ’n vars perspektief
2017-01-23"Om herstellende geregtigheid ’n regmatige plek binne enige funksionele regstelsel te gee, moet daar gehoor gegee word aan al die partye wat geraak is deur die misdaad, insluitend die oortreder en die slagoffer."
S v Pistorius: Ope geregtigheidspleging, mediadekking van hofverrigtinge en die olifant in die kamer
2016-11-30"Wat die kyker sien, is nie noodwendig dieselfde wat hy of sy sou waarneem in die hofsaal nie, aangesien die uiteindelike produksie wat uitgesaai word deur die voorkeure, vooroordele en ideologiese of politieke oortuiging van die regisseur beïnvloed kan word."
Aantekening: Opmerkings oor die eienskappe van die maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid
2016-11-07"Die blywende indruk in die identifisering van die eienskappe van die maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid is dat, nes met die privaatmaatskappy en die beslote maatskappy, die betrokke bepalings wyd oor die Maatskappywet en regulasies versprei is en as’t ware uit die omvattende en ingewikkelde wetgewing 'gekam' moet word."
Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van ’n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Panamo Properties (Pty) Ltd v Nel die (regte) antwoord?
2016-10-28"Die feit is egter dat die moontlikheid nou geskep is vir veel groter misbruik deurdat direkteure met die proses kan begin om voordeel trek uit die gevolge wat outomaties intree, maar vir ’n onbepaalde tydperk geen kennis aan geaffekteerde persone gee nie, en ook nie ’n ondernemingsreddingspraktisyn aanstel wat hul magte en bevoegdheid sal beperk nie."
Vonnisbespreking: Die aksie van afhanklikes weens die dood van hul broodwinner: Veel lawaai en weinig wol?
2016-10-25"Die afleiding dat die ontwikkelde Tswanareg gelykstaande is aan die inheemse Afrika-gewoontereg in die algemeen kom daarop neer dat ’n besondere stamregstelsel algemeen op swart landgenote toepassing vind. Sal ’n mens werklik hierdie as ’n presedent kan voorhou waar die litigante byvoorbeeld Xhosas of Vendas is? Na my mening sal dit nie geregverdig wees nie."
Koolstofbelasting as voorgestelde ekologiese fiskalehervormingsmaatreël in Suid-Afrika
2016-10-17"Die doel van hierdie ontleding is om te beoordeel of die voorgenome koolstofbelasting (soos in die wetsontwerp beskryf) die potensiaal het om daadwerklik klimaatsverandering deur fiskale hervorming te kan teenwerk."
Die sorgsame ondernemingsreddingspraktisyn: ’n ondersoek na die gepaste maatstaf
2016-09-26"Dit staan vas dat die ondernemingsreddingspraktisyn ’n regsplig het om met die nodige sorg en vaardigheid met die sake van die maatskappy in nood om te gaan."
Vonnisbespreking: Teenmaatreëls vir die uitvoerende gesag se kaping van wetgewende kontrolefunksies in ’n parlementêre uitvoerende stelsel
2016-09-22"Die uitspraak in die EFF-saak is ’n illustrasie van hoe die howe met hul vertolking en toepassing van die Grondwet daaroor kontrole uitoefen."
Die nuwe artikel 145(9) van die Wet op Arbeidsverhoudinge – uniek, maar welkom
2016-09-05"Werkgewers sal nie meer daarby baat om die hersiening uit te rek nie. Inteendeel, dit kan die monetêre remedie wat ’n werknemer uiteindelik kan kry, drasties vergroot."
Vonnisbespreking: Implementering van die internasionale strafhof se lasbriewe vir die inhegtenisname van die Soedannese president Omar Hassan Ahmad al-Bashir
2016-08-26"Op internasionale vlak het Suid-Afrika se versuim die internasionale strafhof met die situasie gekonfronteer oor hoe om teen ’n lidstaat op te tree wat nie sy verpligtinge uit hoofde van die Statuut van Rome nakom in ’n saak wat deur die Veiligheidsraad na die hof verwys is nie."
Die balans tussen kliniese regsopleiding en regstoegang per se in ’n regskliniek – ’n delikate spankoord
2016-08-16"Die uiteindelike bevinding is dat studente-opleiding die belangrikste faktor is en dat regstoegang daaruit voortvloei en dit aanvul."
Die bekendmaking van die identiteit van anonieme minderjariges by meerderjarigheid: regverdigbaar of nie?
2016-08-12"Indien ’n persoon soos die Griekwastad-seun skuldig bevind word aan ’n misdaad, moet hy gestraf word. Dit beteken egter nie dat so ’n persoon vir die res van sy lewe met ’n Kainsmerk moet loop nie."
’n Kritiese betragting van die kieswetgewing ten opsigte van gelyke kanse vir politieke partye
2016-07-20"Hierdie artikel fokus op drie aspekte van die kieswetgewing wat die reg op gelyke behandeling en geleenthede van politieke partye en die beginsel van vrye en regverdige verkiesings beïnvloed."